Waterwys blomme vir die lente. Deur Elandrè Swart. Hooffoto: Jill Wellington vir Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die bloulelie kom voor in meeste tuine en parke en is inheems tot Suid-Afrika. Hierdie blom groei maklik en kry nie sommer peste of siektes nie. Hoewel die noemnaam van hierdie blom “bloulelie” is, is daar eintlik ’n verskeidenheid kleure om van te kies en te keur, soos wit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hoe om bloulelies in jou tuin te groei
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lig: Bloulelies benodig baie lig
Water: Baie water, een tot twee keer ’n week
Grond: Plant bloulelies in ryk, goed gedreineerde en grond met goeie kompos
Bemesting: Bemes jou grond met ’n stadig-vrystellende kunsmis elke tweede week
Geelkatstert is ’n droogte-weerstandige plant met geel of oranje stervormige blomme. Geelkatstert bied kleur en tekstuur tot jou blombedding. Nog ’n goeie ding van hierdie plant is dat dit min aandag verg.
Hoe om geelkatstert in jou tuin te groei
Lig: Plant jou geelkatstert in volson of halfskadu.
Water: Lei dit in die aande lekker lank nat, sodat die water diep kan intrek. Lei eenkeer ’n week nat.
Grond: Geelkatstert kan by meeste grondtipes aanpas, maar dit groei die beste in goedgedreineerde grond.
Bemesting: Bemes maandeliks met ’n gebalanseerde kunsmis.
Botterblomme is laag-groeiende plante en die beste keuse vir ’n tuin wat min instandhouding kort. Botterblomme groei goed in blombeddings en selfs in hangmandjies.
Hoe om botterblomme in jou tuin te groei
Lig: Botterblomme groei die beste in baie son.
Water: Jy hoef net die blomme nat te lei wanneer die grond droog is.
Grond: Botterblomme verkies sanderige of kleigrond.
Vygies is Suid-Afrika se kleurvolste groep blomme en het meer as 1 800 verskillende spesies om van te kies!
Hoe om vygies in jou tuin te groei
Lig: Vygies groei die beste in volson, maar kan ’n bietjie skadu hanteer.
Water: Maak dadelik jou vygies nat nadat dit geplant is, maar laat die grond toe om ’n bietjie uit te droog voordat jy weer water gee.
Grond: Vygies kan floreer in verskillende tipes grond en benodig min voedingstowwe.
Bemesting: Vygies reageer goed op vloeibare kunsmis.
Lees nog:
Maak self kweekglasies om plante uit te stal of as geskenke
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.