kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Waterwys met droogtebestande tuine

Droogtebestande tuine hoef nie hard, klipperig en dor te wees nie. Die besondere skoonheid van die Kaapse blommeryk is ’n goeie voorbeeld daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy kan vir seker ’n lieflike, sagte voorkoms skep met lowerryke aanplantings en die voorkoms verder versag met interessante detail. Probeer ’n seildrapering oor die leefplek, ’n voëlkou wat aan ’n boom of prieel hang, ou, karaktervolle tuingereedskap, ’n grasroller teen die muur (uit die dae toe daar wél nog ’n grasperk was) of plant geharde plante soos Viola of Crassula in ’n ou stewel en hang dit iewers op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Watertuin skep altyd ’n gevoel van koelte, al is daar harder elemente in die res van die omgewing, soos groot klippe en ’n heining van houtpale teen die agtergrond van ’n droë landskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watertuin

Die waterelement in jou tuin kan enigiets wees. Dink aan ’n sinkemmer in ’n bak met water wat in die bak oorloop. Hou die emmer vol met ’n pyp wat daarin loop. Die bak word toegepak met groot klippe om dit veilig vir kinders te maak. Rietbesems rond die prentjie af.

Daar is talle droogtebestande, inheemse plante wat uitstekend vir vormsnoei is, soos soutbos en Searsia (voorheen Rhus) crenata. Jy kan ’n interessante spel met vorm en tekstuur skep deur vormgesnoeide plante met ander struktuurplante, soos aalwyne, te kombineer en af te wissel met plante wat natuurlik groei. Selfs al is daar niks wat blom nie, lyk dit steeds treffend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wees ’n bietjie waaghalsig en verf die tuinmuur met ’n ongewone kleur, soos helder blou, lemmetjiegroen en selfs pienk of pers. Rond dit af met skakerings van grys wat alles mooi saambind.

Blou tuinmuur

Daar is soveel ornamentele grassoorte dat jy byna ’n hele tuin daarmee kan maak. Nie almal is inheems nie, maar hulle is meestal baie droogtebestand en groei in ’n verskeidenheid klimaatsomstandighede. Probeer al die restio’s, asook Carex, Penisetum, Festuca en Juncus wat ook goed in potte aard.

Gras

Aalwyne, veral kokerbome en Natalse kus-aalwyne, aard in potte en beddings. Rond die prentje met spoelklippe af.

Neem die landstreek in ag waarin die plant van nature voorkom. As hulle nie daar baie water kry nie, moet jy seker maak dat jou beddings goed dreineer, want anders gaan hulle sukkel en selfs vrot.

Vetplante word dikwels met droogtebestande tuine verbind maar nie almal skep ’n harde, strak gevoel nie. Daar is baie soorte wat ’n heel sagte indruk kan maak, soos Crassula fragilis wat op ’n afstand amper soos baba-se-trane (peace-in-the-home) lyk. Dié lyk baie treffend saam met meer gestruktureerde plante, soos dwergaalwyne. Nog ’n vetplant wat baie mooi en sag vertoon, is Euphorbia met sy stamme wat saam met die seisoene van geel en rooi tot lemmetjiegroen verkleur.

Vetplante

Plant wilde kweekspesies (Cynodon) en LM/Berea- of buffelsgras wat steeds koel en sag sal lyk, pleks van die algemene kweek wat maar ’n vermorsing van drinkwater bly en beperk moet word.

Kies ook vetplante as jy te besig of vergeetagtig is om jou plante water te gee. ’n Verskeidenheid kleipotte en herbruikbare houers wat as ’n groep op ’n rak uitgestal word, kan ’n nuwe begin wees vir diegene wat al tuinmaak en veral potplante afgeskryf het.

#rooirosewenke

Hier is nog ’n paar wenke wat ook kan help dat jou tuin nie al die drinkwater opdrink nie.

  • ’n Deklaag van organiese materiaal is noodsaaklik. Dit keer dat die grond saamgepers en hard word wanneer dit water kry. Dit help ook dat die water die grond beter binnedring en keer dat dit verdamp. Droë gras of ander fyn materiaal soos houtsnippers maak uitstekende deklae omdat dit later ontbind en kompos word.
  • Jou tuin behoort gereeld kompos te kry. Dis glad nie nodig dat jy dit in bestaande beddings inwerk nie – dit kan sommer op die grond bly lê, net soos wat Moeder Natuur dit sou toedien.

Lees ook: Beskerm jou plante teen ryp

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.