Dit kom ná Van Niekerk die 400m-wêreldrekord by vanjaar se Rio Olimpiese Spele gebreek het. Nie net het dit hom bykans oornag ’n globale sensasie gemaak nie, maar dit het bewys dat hy by ander groot name soos Usain Bolt en Justin Gatlin behoorlik kan kers vashou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vir die Atleet Van Die Jaar-benoeming was aanvanklik nege atlete uitgesonder, waarvan Van Niekerk die enige man is wat hierdie afgelope seisoen ’n amptelike wêreldrekord opgestel het. Daar is egter net twee ander atlete, saam met Van Niekerk, uitgesonder om op die kortlys vir die toekenning te verskyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die ander atlete: Jamaikaanse atleet, Usain Bolt, en Mo Farah van Groot-Brittanje sal saam met Van Niekerk op 2 Desember in Monaco bymekaarkom vir die prysuitdeling.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Al drie dié finaliste is deur ’n driedelige stemproses gekies, waarvan die IAAF se Raad vir 50% van die resultate gesorg het, terwyl die IAAF se Familie-stemme 25% daarvan uitmaak en ’n publieke stem op sosiale media die oorblywende 25% verhaal het.
Indien Van Niekerk met dié gesogte titel wegstap sal hy die tweede Suid-Afrikaanse atleet, naas Hestrie Cloete, wees om die trofee huis toe te bring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hou so aan Wayde! Jy maak ons trots.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.