kategorieë: Dra dit soMode

Welig by wintertroues

Trui en romp

Vermy ’n bonkige voorkoms. Die enigste manier wat hierdie kombinasie vir ’n troue kan werk, is as die romp blink en die trui van dun geweefde breistof gemaak is. Hou jou juwele ook eenvoudig en minimalisties. Hoëhakskoene is ’n moet – dit rond die voorkoms formeel af (vir ’n alledaagse voorkoms kan jy jou hakskoene vir ’n paar modetekkies verruil.) Bind jou hare in ’n hoë balletbolla en verf jou lippe rooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kunspels

’n Pelsbaadjie of bolero is ’n groot belegging vir wintermaande. Dit hou jou warm én is deftig en boonop kan jy dit saam met enigiets dra. Dit pas egter die beste by ’n rok of ’n romp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fluweel en veloer-materiale

As jy ’n aanhanger van fluweel is, is hierdie jaar se wintermode vir jou: Fluweel is een van dié materiale vir winter. ’n Fluweelrok lyk stylvol vir ’n troue en dit hou jou warm. Indien jy eerder ’n broek na die troue wil dra, hou by swart. Jou enkelstewels moet dun hakke hê, aangesien ’n broek jou uitrusting meer informeel kan laat voorkom. Doen ook meer moeite met jou hare en grimering saam met hierdie uitrusting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rokke met langmoue

Die langmourok gee ’n Spaanse gevoel en daarom is klokmoue volop in die winkels. Hou die res van jou uitrusting eenvoudig, maar speel met bykomstighede, detail en tekstuur. Borduur- en appliekwerk is hierdie jaar se grootste tendens. Die langmoue gepaard met jou danspassies sal genoeg wees om jou deur die loop van die geleentheid warm te hou.

Rok met breistof

Gebreide rokke verg baie aandag; belê dus in ’n duursame materiaal. Kies ’n snit wat jou figuur vleiend omvou, sodat jy dit saam met ’n jas of baadjie kan dra sonder om lomp voor te kom. ’n Lyfkous / Spandex onderaan is ook ’n slim idee, omdat dit jou nog warmer sal hou en om daardie ongewensde wintervetjies te verdoesel. Dra blink skoene om aandag te trek en hou jou bykomstighede klassiek met goud- en pêreldetail.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.