Somer en jenewer is perfekte pasmaats en Musgrave Pink Gin maak van elke feestelike oomblik iets werklik besonders.
Die heerlike jenewer is botanies verfyn en beïndruk selfs jenewer-puriste met sy speelse pienk en uitsonderlike geurprofiel.

Dit word gedistilleer met Musgrave se kenmerkende 11 botaniese bestanddele, en roosbottel word tydens die distillering bygevoeg, wat kenmerkende topnote van kardemom, Afrika-gemmer en paradysgraan (grains of paradise) beklemtoon, afkomstig van eksotiese plekke regoor die Afrika-kontinent. Dit word verder met rooswater deurtrek, wat ’n subtiele eksotiese parfuum en geurdiepte daarby voeg. Die ekspressiewe kardemom- en verpligte jenewerbessies as bestanddele word versag sodat dit nie die sagte parfuum van die rose oorweldig nie. Dit skep ’n perfek gebalanseerde gees wat gesofistikeerd én toeganklik is. Of jy nou ’n braai hou, langs die swembad ontspan, of saam met vriende onder die sterre kuier, Musgrave Pink Gin omskep gewone somerdae in onvergeetlike geleenthede. Dit blink uit in ’n klassieke G&T of as die basis van somerskemerkelkies.
Vir meer inligting, besoek www.musgravespirits.com.
Vyf gelukkige lesers kan ’n Musgrave Spirits-jenewergeskenkpak ter waarde van R1 000 elk wen!

Elke geskenkpak sluit in:
- 4 x Musgrave Gin-bottels (200 ml)
- 2 x Musgrave-glase
- 1 x Inspirit-bottel (750 ml)
- 1x Lindt-boks (200 g)
Neem deel aan hierdie kompetisie en ontdek waarom Musgrave Spirits sedert sy bekendstelling in 2016 die jenewerbedryf oorrompel het, en harte om die land en wêreld heen gewen het!

Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om deel te neem, voltooi die vorm hieronder:
*Slegs een inskrywing per persoon
Sluitingsdatum: 22 Desember 2025
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Desember-uitgawe móét lees!
