kategorieë: WenkeMode

5 wenke oor hoe jy vanjaar se Valentynskleure moet dra

5 wenke oor hoe jy vanjaar se Valentynskleure moet dra om by jou styl te pas deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk 1: Pas dit by jou persoonlikheid?

Jou uitrusting verklap so baie van jouself: Jou persoonlikheid en jou gemoed word deur jou voorkoms weerspieël en daarom is dit belangrik om jou beste kenmerke te beklemtoon.

Jou “Valentynspersoonlikheid” kan afgelei word deur te kyk na watter van die rooi en pienk kleurskakerings reeds deel van jou klerekas is:  Is dit sag en klassiek of sterk, helder en kreatief?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Ligte pienk vertoon sag en vroulik waar rooi met ’n kontrasterende wit meer dramaties is. Dit sal beslis enige nuwe aankoop vergemaklik, omdat jy sal weet waarvoor om uit te kyk en omdat jy dit moontlik weer sal dra na Valentynsdag.

Foto’s: Bras N Things & Pexels 5 wenke oor hoe jy vanjaar se Valentynskleure moet dra om by jou styl te pas

Wenk 2: In n ander rooi getooi

Die standaardrooi wat as ’n primêre kleur bekendstaan is ’n baie sterk kleur, en pas vanselfsprekend nie by almal se veltoon nie. Gelukkig is daar nie net die een rooi skakering nie!

Sommige rooie het selfs ’n koeler ondertoon as ander. As jy verskeie rooie teen jou vel hou, sal jy sien dat sommige skakerings jou veltoon meer ophelder. Dieprooi / wynrooi is een van die kleure wat die meeste veltone komplementeer.

#rrWenk: Die geheim lê in die soekproses. Jy sal vanselfsprekend ’n hele paar skakerings moet aanpas om vas te stel watter keuses werk die beste by jou en jou klerekas.

Foto: H&M  5 wenke oor hoe jy vanjaar se Valentynskleure moet dra om by jou styl te pas

Wenk 3: Jy mag maar neutrale bo helder kleure kies

Die tradisionele Valentynskleure vertoon helder en dramaties, maar as jy nie daarvan hou om met ’n kontrasterende kleurpalet te eksperimenteer nie, kan neutrale kleure jou voorkoms dadelik versag.

Wit is een van die gunstelingopsies om ’n uitrusting te balanseer, maar dit vertoon tog verskillend afhangende van die ander kleure waarmee saam jy dit stileer. Dus kan  wit “sterker” vertoon saam met helder rooi of pienk, maar die algemene voorkoms versag as dit saam met ligter pienk gebruik word.

Wenk 4: Rooi en pienk is vuurwarm

Moenie dat hierdie kombinasie jou die skrik op die lyf jaag oor sy sy kontasterende effek nie. Die rooi-en-pienk-voorkoms het sedert 2018 in gewildheid toegneem namate bekendes dit op die rooi tapyt vertoon het, en van toe af kan die modekenners net nie genoeg daarvan kry nie.

Nie almal van ons is egter voorstaanders van die helder rooi en pienk nie. Wissel dit af met ’n poeier- of pastelskakering van pienk saam met boergonje of wynrooi. Jy kan ook die effek van sterk kleure versag soos genoem in wenk 3

Wenk 5: Begin klein

Nie almal van ons is aanhangers van die tradisionele Valentynskleure nie, maar voel tog effens vasgevang in die liefdeskoors wat Februarie kenmerk.

Stylvolle haarversierings is sedert verlede jaar groot nuus in die modewêreld, en nou nog beter nuus vir jou! ’n Tikkie kleur is genoeg om jou betroubare daguitrusting op te kikker.

’n Ander tydlose gunsteling is ’n serpie wat jy vinnig om jou nek, hare of handsak kan bind.

Pienk haarband met pêrels (R89 van Woolworths) ; Satyn haarboog met pêrels (R49 van Mr. Price) ; Rooi haarboog met kralewerk (R359 van Zara) 5 wenke oor hoe jy vanjaar se Valentynskleure moet dra om by jou styl te pas

Loer hier vir nog goeie modewenke

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.