Die verhouding tussen hoë bloeddruk en ’n hoë sout-inname toon aan dat ’n geraamde 3.3 miljoen Suid-Afrikaners met hoë bloeddruk sukkel. Hoë bloeddruk kan op sy beurt verband hou met hartsiektes en beroerte. Aangesien jou dieet ’n direkte uitwerking op jou bloeddruk het, sal die beperking van sout-inname die risiko vir hartsiektes en beroertes verminder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sampioene is een van die beste lae-natrium kossoorte! Vars sampioene bevat slegs 14mg natrium per 100g. Onthou dat ’n lae sout-dieet tussen 400 en 1000 mg natrium per dag toelaat, daarom is sampioene ’n uitstekende keuse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }10 Wenke om sout-inname in jou dieet te verlaag:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }1. Lees die voedseletikette wanneer jy inkopies doen en kies lae-natrium of soutvrye alternatiewe in voorafverpakte kosse.
2. Maak seker daar is altyd vars of gedroogde vrugte en ongesoute neute by die huis of werk, asook in jou kinders se kosblikke.
3. Beperk wegneemetes en kitskos soos hamburgers, gebraaide hoender en pizza.
4. Vra vir aartappelskyfies sonder sout.
5. Wanneer jy wel pizza bestel, kies ’n vegetariese of hoender-opsie in stede van pepperoni, spek of ekstra kaas.
6. Wanneer jy uiteet, vra dat souse en ander ekstras apart bedien word en nie saam met die gereg nie.
7. Vermy disse wat bestanddele bevat met ’n hoë sout-inname soos Oosterse souse, bereide of beleë vleis en kaas.
8. Moenie ekstra sout oor jou kos sprinkel wanneer jy tuis of in ’n restaurant eet nie.
9. Koop smaakmiddels, souse en smere met lae natrium en geen sout.
10. Vervang sout met kruie en speserye wanneer jy kos maak.
– Bron: WASH (World Action on Salt and Health). Besoek hul webblad by www.worldactiononsalt.com/
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.