kategorieë: KalenderOntspanning

Wêreldrekordpoging vir dierebeskerming

Honde-ienaars en hul brakkies word genooi om op Saterdag, 28 Oktober 2017 die The Big Red Barn-plaas naby Centurion te besoek om ’n wêreldrekord te help breek. Die rekord wat beoog om gebreek te word is vir die grootste byeenkoms van honde wat almal bandanas dra. Die hondjiedag, gereël deur dotsure.co.za, sal gehou word ter ondersteuning van die Animal Anti-Cruelty League en om troeteldiereienaars bewus te maak oor die belangrikheid van troeteldierversorging. Alle opbrengste wat ingesamel word tydens hierdie geleentheid sal verdubbel word deur dotsure.co.za en sal geskenk word aan die Animal Anti-Cruelty League ter ondersteuning van die beskerming en versorging van alle diere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die doelwit van hierdie byeenkoms, ’n eerste in Suid-Afrika, is om die bestaande Guinness-wêreldrekord te breek vir die grootste byeenkoms van honde wat almal bandanas dra. Die huidige rekordtitel behoort aan die RSPCA ACT (Australië) met 764 honde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die dag sal begin met die registrasie van beide troeteldier en eienaar, waar bandanas uitgedeel sal word. Hierna sal ’n aftelling gehou word in die hoop dat die rekord gebreek sal word. Na die aftelling sal daar ’n prettige hondestappie wees waar hond en eienaar aangemoedig word om ’n bietjie hul bene te rek en hulle sal elk ’n prys ontvang by die eindstreep. Troeteldiereienaars word aangeraai om vroeg op te daag aangesien die pretstappie streng om 09h00 sal begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste word daarna uitgenooi om die res van die hondedag saam met dotsure.co.za te spandeer en om die Irene Village-mark se kunste en handwerk, kosstalletjies, troeteldierstalletjies en vermaak te geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verdere inligting

Plek: The Red Barn Farm, Centurion

Inskrywingsdonasie: Om deel te neem aan hierdie wêreldrekordpoging sal ’n inskrywings-donasie van R20 per hond benodig word op die dag. Jy kan meer geld ook skenk as jy sou wou. Jy kan registreer vir die hondjiedag aanlyn by dotsure.co.za. Hierdie registrasie sluit ’n bandana in vir jou hond.

Let asseblief wel dat alle honde aan leibande moet wees te alle tye om veiligheidsredes.

Vir meer inligting, besoek dotsure.co.za se webwerf en maak kennis via facebook en Instagram om te hoor van enige toekomstige geleenthede.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.