kategorieë: WenkeMode

Werksklere vir die warm weer: Die 6 beste uitrustings wat jy nou moet dra

Werksklere vir die warm weer: Die 6 beste uitrustings wat jy nou moet dra deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Die hemprok is ’n klassieke, begrotingvriendelike item

Moet nooit ‘n klassieke wit hemprok onderskat nie. Dié stapelitem lyk altyd vars wanneer dit reg stileer is. ’n Hemprok en hoë hakke kan jou met gemak deur die somer help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Jy kan ’n sjaal om jou skouers bind indien dit voel asof jou kantoor onder vriespunt is!

Lees ook:  Die 6 mooiste maniere om jou hemprok te dra – én dit sal by jou klerekas pas!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hemprok en handsak: Woolworths

Hakskoen: Charles & Keith

2 Hou dit koel, hou dit lospassend

Bly koel in lospassende klere. Wyepypbroeke in ’n dun materiaal en ’n bloes is lekker koel, en jy sal nie ook nie te veel vel wys nie.

Bloes en hakskoen: Witchery

Broek: H&M

Handsak: Poetry

3 ’n Romp met plooie is nou ’n moet

Skep ’n informele voorkoms met ’n prettige romp en ’n kortmou-T-hemp. Verhef die voorkoms vir die kantoor met ’n paar mule-skoene en oorringe.

Die geplooide romp is hier om te bly en is ook een van die hoogmode-items vir dié winter.

T-hemp: Witchery

Romp en oorringe: H&M

Handsak en blokhakskoen: WANT Les Essentiels

4 Speel met kleur

Helder jou werksdrag op deur verskillende kleure saam te dra. Rond die uitrusting met ’n paar klassieke hakke af. Die noupassende rompe is nou langer en dus ook meer vleiend en werksvriendelik.

#rrWenk: Die avontuurlustiges kan die kantoor met ’n sonnige geel rok ophelder!

Bloes en romp: Witchery

Hakskoen: Woolworths

Oorringe: Dorus Mhor, beskikbaar by KAMERS/Makers

5 Dieremotiewe en mule-skoene

Maak solank ’n plekkie vir dieremotiewe, een van die grootste modeneigings vir vanjaar. Dié styl is ewe geskik vir die kantoor en die naweek. Dra dit saam met kitten heels, tekkies, mule-skoene en sandale.

#rrWenk: Die nederige mule-skoen is al ’n geruime tyd ’n straatstyl-gunsteling. Dit rond jeans of ’n vloeiende rok vroulik af.

Rok en hakskoen: Country Road

Rosefield horlosie: American Swiss

Handsakkie: Charles & Keith

6 Van kantoor tot aandafspraak

Verhef die kantoorvoorkoms met ’n paar hoëhaksandale en ’n eenstuk – werklik ’n veelsydige item.

As jy onseker is, speel eerder veilig met ’n klassieke kleur wat by jou kleurpalet sal pas.

Eenstuk: Woolworths

Hakskoen: Charles & Keith

Oorringe: Yellow Jewellery

Handsak: Witchery

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.