kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 6: Afgemeet

Vlam: Hoofstuk 6: Afgemeet deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vang op met die vorige hoofstukke van Vlam!

Inleiding tot Vlam

Hoofstuk 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6: Afgemeet

Die Sandton-verkeer is vanoggend ongenadig en Niekie benut die frustrerende twee uur in William Nichol-weg om al haar polisie-kontakte te bel vir stories wat sy kan opvolg.

Die rede vir die buitengewone verkeersopeenhoping is ’n transitorooftog naby Hyde Park, hoor sy by Henk, wat reeds op die toneel was en lekker foto’s geneem het.

Niekie besef sy sal onmoontlik self daar kan uitkom, en neem ’n paar kortpaaie weg van William Nichol af kantoor toe. Sy hoef net die polisie en die betrokke veiligheidsmaatskappy te kontak, dan het sy en Henk klaar hul eerste storie vir die dag in die blik.

Stefaans Crause sit in die voorportaal vir haar en wag. Elsie Geselsie het gesê dis beter daar want dan kan hy Niekie vang voor sy dalk weer op ’n storie verdwyn.

“Niekie Branders?”

Die man se klerestyl, sy haarstyl … sy hele styl tref Niekie se geheue met ’n voorhamer.

Die ou wat haar moet kom meet! Huh? Hierdie blok van ’n man?

“Ek is jammer ek is laat, die verkeer …”

Stefaans gooi ’n gemanikuurde hand in die lig.

“Ek weet, ek weet. Die hele twitter is vol oor die drama by Hyde Park.”

Niekie weet sy sal die man moet saamneem kantoor toe, en haar horlosie vertel haar dat die hele nuusspan reeds in die raadsaal sal sit. Dit beteken hulle sal haar en Stefaans met groot belangstelling deur die glasmure kan sien arriveer. Nuuskierige lot.

“Jy sal ongelukkig eers vir my hier moet wag,” beduie sy na haar lessenaar. Sy voel kaar kollegas se oë op haar en haar misplaaste metgesel. Dis ’n harde nuuskantoor en Stefaans is waarskynlik die enigste mens op die vloer wat vanoggend sy hare behoorlik  gestileer het, en dit sluit die vroue in. Behalwe Elsie. Sy tease en spray nog haar hare in ’n kapsel wat selfs in ’n tornado ongestoord sal bly.

Niekie skuif reg in die nuusvergadering.

Hot date? Netjiese knaap,” fluister Willie Nell van die sportkantoor vermakerig langs haar.

“Jip, Willem, net so.  Ek verkies mos eintlik mans wat anti-perspirant gebruik,” snip sy deur haar tande terug.

Willie snuif kamma onder elke arm en knipoog moedswillig vir haar.

“Bly jy het dit gemaak, Vlam. Ons weet reeds van die roof. Ons kan netnou daaroor praat. Ek sien jy het die man gekry wat jou borsmaat kom meet. Hy wag reeds lank op jou.”

Piet rol die tandestokkie van mondhoek na mondhoek terwyl tienduisend duiwels in sy oë dans. Hy geniet die sappige situasie terdeë. Die redaksie skater. Blessidse Piet. Blessidse Elsie. Hulle het natuurlik reeds die nuus gedeel dat ’n groot modehuis iemand stuur om elke sentimeter van haar lyf te kom meet.

“Kan ek kom kyk?” vra Willie met ’n breë glimlag.

Niekie se oë flits ’n duidelike kragwoord.

“Elsie meen dit is beter as julle nou die vrouebadkamer gebruik vir die opmetings aangesien ons nou hier besig is.”

Piet kan skaars die tandestokkie in sy mond hou, so lekker lag hy.

“Ek sal saamkom om kyvie te hou ingeval iemand die badkamer wil gebruik,” kondig Elsie aan, wat sy duidelik reeds besluit het.

Stefaans is ’n fyn waarnemer.

“Gee hulle jou ’n harde tyd oor die metery?”

Niekie kyk dankbaar na die forse man met die welige, modieuse baard. Hy het sagte bruin oë en sy hare is in ’n netjiese kwaf. Die enigste simpatieke mens binne 100 meter van haar af.

“Is jy okei om in die vrouebadkamer te gaan meet? Hier is net glasmure.”

Stefaans vat haar sag aan die voorarm.

“Dis oraait, Meisie.”

Niekie voel ongemaklik om ’n man in die vrouebadkamer in te neem.

Stefaans lag. Hy neem haar aan die elmboog en begelei haar by die badkamer in.

“Ek voel tuis hier. Ek sit mos en piepie. Ek is gay. Dis regtig oraait.”

Niekie kyk die mooi man uit die veld geslaan aan. Hy is eerlik en gemaklik.

Elsie beur ook saam by die deur in, maar Niekie keer.

“Nee, jy staan buite. Ek het nie ’n audience nodig nie. Ek en Stefaans sal regkom op ons eie.”

Maar Elsie wil nie ’n oomblik mis nie.

“Sal jy nie beter voel as ’n vrou by is nie? Ek meen hy is ’n man en …”

Stefaans neem beheer oor die situasie.

“Skat, wag jy net hier vir ons terwyl ek Niekie se boobs meet.”

Hy knipoog glimlaggend vir Niekie en sy geniet die skok op Elsie se gesig.

Die badkamer is nie vreeslik ruim nie, en Niekie en Stefaans moet hulle staan ken met die metery.

“Kom ons begin met die maklikstes, die skouers, heupe en rug. Uit met daai wye broek. Hy sal 2 cm by jou heupe voeg.”

Stefaans skerts terwyl hy meet en dit laat Niekie gemaklik voel. Sy hou van die bebaarde opmeter. En, haar kollegas kan maar gaan bars. Sy gaan eers in die Kaap rond jol en dan gaan sy Cannes toe.

En, Marco gaan in Cannes wees.

“Nou, vir die moeilike ene. Jy sal jou hemp en bra moet uittrek sodat ek jou borste kan meet. Dit gaan tight fitting dresses wees en ons wil hê jy moet die asems wegslaan. Veral daai sexy Duard Wayne s’n!”

Niekie se mond word droog. Haar hemp én bra?

Stefaans staan reg met sy maatband.

“Ontspan, Meisie, ek werk al 20 jaar vir Jaco en ek het al meer vroue se boobse gesien as wat my gay-sieletjie kan hanteer. Ek sal vinnig wees.”

Die badkamer se deur gaan oop. Dis Elsie, wat beslis staan en afluister.

“Verkies jy as ek bystaan, Vlam?”

Niekie bloos soos sy laas op skool gebloos het, maar Stefaans boender Elsie by die deur uit.

“Sjoe sjoe, Skat, uit is jy, ons werk hier!”

Niekie trek haar T-hemp stadig uit.

“Hygend Hert, Meisie! Dis tyd dat daai brassière retire!”

Niekie kyk in die spieël na die push-up bra wat al vir jare niks meer push nie.

“Jy het seker nie op die oomblik ’n boyfriend nie! Hel, Meisie, ek gaan jou moet help met onderklere. Só kan geen sexy girl soos jy rondloop nie. Kyk jou stunning  lyf! En ek glo daar skuil mooi tieties onder daai vodde stuk lap. Trek die ding uit!”

Niekie is gehoorsaam en trek haar antieke bra uit.

Stefaans meet met vaardige hande. Flink en vinnig soos net ’n ervare man in sy bedryf kan.

“Gedoen, trek nou maar weer Noag se vrou se bra aan!”

Niekie kan nie help om saam met die wonderlike, liewe man te lag nie.

“Jaco gaan die stunningste outfits vir jou maak! Claudia het ons gesê jy is beeldskoon en perfek gebou. Sy het nie oordryf nie, jy is asemrowend onder al hierdie kamoeflering van jou. Wie probeer jy uit jou hart weghou met hierdie klere, Meisie?”

Niekie dink aan Marco en die huis wat sy begeer. Die een met die ma, pa en kinders.

“Ag, dis maar soos ons hier by die koerant aantrek. Ek het nie tyd vir boyfriends op die oomblik nie, maar as ek een kry, sal ek jou kontak. Dan gaan koop ons onderklere.”

Stefaans gee Niekie ’n stywe drukkie. ’n Lang, stywe drukkie. En dit is net daardie oomblik waarop Elsie Geselsie weer by die deur inkom.

“Als oukei hier, Vlam?”

Stefaans ken ’n nuuskierige skinderbekkie as hy een sien.

“Ja, ons neem net gou afskeid. Dankie vir die privaatheid, ons waardeer dit, Skat.”

Elsie kom nie eens agter dat hy snedig is nie. Sy pen Niekie in die deur vas.

“Het jy sowaar voor hom uitgetrek?”

Stefaans stoot Elsie galant oor hom uit.

“Sjoe, sjoe, daai kant toe, Skat. Laat ’n man verbykom!”

En dan draai hy na Niekie.

“Ek bel jou vir ’n afspraak dan gaan koop ons sexy bra’s en panties vir jou.”

Elsie drink die woorde in.

Dan kyk Stefaans haar op en af.

“Skat, kan ek jou ook meet? Lyk my jy het ook hulp nodig!”

Elksie wip haar en gluur Stefaans aan. Niekie lag al die spanning van die afgelope tien minute weg.

In die gang staan Piet ook nader.

“En toe? Wat bly jy en die man so lank in die toilet?”

Maar Niekie is ontspanne en reg vir hom … en die kollegas wat met gespitste ore staan en luister.

“Pieta, jy weet mos sulke dinge vat tyd. Ek moes al my klere uittrek sodat Stefaans my behoorlik kan meet.”

Stefaans borduur voort.

“Ja, dis ’n moeilike werk wat ek het, ou Swaer, maar iemand moet dit doen. Weet jy, eendag as ek oud is, gaan ek ’n boek skryf oor die modebedryf, en aan die einde daarvan gaan ek onthul dat ek toe nooit regtig gay was nie!”

Geniet jy hierdie vervolgverhaal? Kom loer in ons Lees-afdeling waar ons die heerlikste verhaalreekse het – en dis gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

14 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

22 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

23 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.