kategorieë: Blogs

Wie wil nog ’n toeris wees?

Die glasies had al half gesak gehad toe die toeristekamera hulle skielik gewaar en kiek. Twee manne in ‘n stegie teen die ou vestingstad Dubrovnik se skuinste waar die trappe so ’n effense van ‘n gelykte maak. Hulle het nog van die laaste laatsomersonnetjie geniet wat nie meer in die huis inskyn nie. Dit stroom van toeriste by hulle verby. Hulle is te verdiep in hulle gesprek om die toeriste eers op te merk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sielig om so in die wêreldstroom van mense te kan sit. Dis juis oor toeriste wat die praat gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

‘Dis nou alles goed en wel. Hoe sê die koerant? Meer as 10 miljoen toeriste is hierdie somer deur ons land. Stel jou dit voor – twee toeriste vir elke Kroaat.’ Ivan klap met sy hand op sy been. ‘G’n wonder daar’s byna nie meer plek vir ons almal op die strate nie. Probeer jy maar ‘n parkeerplek kry sonder om kilometers ver te moet loop na waar jy wil wees!’
‘Ek hoor wat jy sê,’ antwoord Patrik. ‘ Ek hoor wat jy sê. Maar as jy verder gelees het sou jy gesien het ons het ‘n netjiese €7 miljard uit die spulletjie verdien. En dit kan ons land se wiele mooi aan die draai hou. Stem jy?’
‘Ek stem. Maar ek kry die arme huishoudsters jammer wat 59 miljoen beddens moes opmaak. Stel jou voor die berg wasgoed! Stel jou voor hoe so ’n mens se rug aan die einde van elke dag moet voel!’
‘Amper soos ons eie boere rûens as jy die heeldag in die warm son druiwe gepluk het,’ meen Patrik.
‘Nie almiskie nie,’ beaam Ivan. ‘Die spul toeriste is kapabel en breek nog ons rûe met al die baie werk wat hulle veroorsaak.’
Die twee lag heerlik. Klink dan ‘n glasie op die toeriste. Uzdravle!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Twee-en-vyftig jaar gelede het Koos Kamfer, Jerry Cohen en ek in die hartjie van die 1960 somer by die Plitvice-mere aangekom. Daar was ‘n klein kantoortjie van die Parkadministrasie waar ons kampeerfooie betaal en ‘n roeiboot gehuur het om op een van die mere te gaan vaar. Daar was geen ander siel in sig nie en ons kon na hartelus van die unieke prag van hierdie grootse Europese natuurwonder geniet.

Trouens, dit was die kommunistiese Parkadministrasie se verklaarde beleid om ‘hierdie besondere karakter van die natuurreservaat tot elke prys te handhaaf.’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit het meegebring dat die park alleen dagbesoekers kon hanteer omdat daar geen hotelakkomodasie beskikbaar was nie. Van verder geleë plekke soos Zagreb, Rijeka, Opatija of Dubrovnik was ‘n heen-en-weer reis per bus op een dag net onmoontlik en dit het besoekersgetalle verder beperk.

Met hierdie beeld in gedagte het ek nou weer by Plitvice aangekom. Wat was my ontnugtering yslik groot.

Hierdie somer het meer dan een en ‘n half miljoen toeriste deur die Plitvice Natuurreservaat getrek. Die groot nuwe hotelle was stampvol en so ook dié in die omgewing.

Soos ‘n paal bo water het die feit gestaan: Een van Kroasië se allernuutste gratis besienswaardighede is toeriste. Miljoene der miljoene van hulle wat soos swerms sprinkane somers oor die land trek. Hulle kom met vliegtuie, met skepe, met busse en motors – een stroom aanmekaar van heinde en verre. ‘n Bonter spul kan jy jou moeilik voorstel.

As jy ooit ‘n studie van die mensdom in al sy verskeidenheid en glorie wil maak – Kroasië is nou die ideale plek daarvoor. Daar is langes en kortes en maerderes en vettes en jonges en oues wat aanmekaar brabbel soos hulle die wye wêreldse taalgeluide maak wat g’n Kroatiese hond ‘n snars van snap nie. Dit word ‘n interessante tydverdryf om die krioelende mensemassa se gesiguitdrukkings dop te hou soos die eeue waardeur hulle beweeg daarin weerspieël word.

Om toeriste te sien en mee blad te skud het eintlik ‘n bonus geword bo en behalwe waarvoor jy werklik na Kroasië gekom het – om die land en sy eie mense te sien en ontmoet.

Dit skep die interessante vraag: wanneer is ‘n land toeriste versadig?

Solank die land die infrastruktuur het om die toeristestroom met gemak te kan ontvang en hanteer soos Kroasië duidelik voor ingerig is, is dit eintlik net die toeris wat self aan die kortste end trek as hy gedurig op die hakke van die volgende toeris moet trap en aan die einde van die vakansie meer toeriste gesien en gekiek het as Kroasiërs!

Dit laat jou soms wonder – wil jy nog ‘n toeris wees?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.