kategorieë: Ons menseBekendes

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom maak met sy eerste verskyning – en nou is hy weer terug om seker te maak sy en sy ma se geheim bly diep gebêre.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dirk het aanvanklik sy ma, Tillie (Deirdre Wolhuter), kom red uit die kloue van sy pa, Willem (Deon Lotz), maar dinge het lelik skeefgeloop, en dié twee het in ’n struweling Willem se dood veroorsaak. Hulle het daarna Willem se lyk op Everlasting gaan begrawe en nooit weer ’n woord daaroor gerep nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dirk is die tipiese go-getter en besigheidsman wat die lewe in die groot stad geniet nadat hy op Gemoedsdrif grootgeword het. Hy het op die plaas Langverloren gewoon en het gemengde gevoelens oor sy kinderjare. Dirk was mal oor die plaas, maar dit is oorskadu deur sy aanmatigende pa. Hy staar homself blind teen geld en het vergeet van sy herkoms en geskiedenis daar.”

Wilhelm sê hy geniet Dirk se dryfkrag en ambisie die meeste. “Hy het ’n no-nonsense-houding en voel die wêreld skuld hom iets, en hy verwag om te kry wat hy wil hê.”

Aan die ander kant is daar die meer komplekse sy van Dirk se karakter. “Die dele waar hy worstel met morele besluite oor goed en kwaad is uitdagend. Hy dink hy doen goed, maar terselfdertyd vernietig hy ook mense se lewens.”

Wilhelm sê hy sien ’n bietjie van homself in Dirk: “Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy. Ek is ook baie lief vir my ma en sal haar altyd eerste stel. Ek is wel nie so manipulerend en intimiderend soos hy nie.”

Wilhelm is mal daaroor om op die stel van Skemergrond te werk. “Ek geniet die mense vreeslik baie. Ek ken meeste van die groep vanaf Arendsvlei, en almal is een groot familie met baie respek vir mekaar en vir wat elkeen se verantwoordelikheid is. Deirdre en Dirk Stoltz is ook twee sulke powerhouse-akteurs. So, ek geniet dit vreeslik. Deirdre doen so baie voorbereiding, en mens kan dit sien in haar werk. Sy is gefokus en gee my die vertroue en fokus om my werk goed te kan doen.”

Buiten Skemergrond, is Wilhelm vanjaar besig met drie toneelstukke wat na die kunstefeeste gaan. “Ek gaan ook my eerste eenmanvertoning aanbied, waarna ek baie uitsien,” sê hy.

Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DSTV-kanaal 145) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Duncan Johnson oor Skemergrond se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.