kategorieë: Ons menseBekendes

Willie Esterhuizen gaan jou nog ‘n slag laat lag, dié keer met ‘Banana Air’

’n Laekoste-lugredery met ’n span eksentrieke lugwaardinne, twee vlieëniers, ’n senuweewrak van ’n bestuurder en sy persoonlike assistent wat hulself altyd in gekke situasies laat beland kan net een ding beteken – ’n plesiervlug met hope vermaak en skreeusnaakse oomblikke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

kykNET se nuwe komediereeks uit die pen van Willie Esterhuizen, Banana Air, is binnekort op die kassie en beloof om kykers te laat skater. Dis nou as ’n Banana-vlug vir ’n verandering betyds is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek sit al vir jare met die idee om ’n reeks te maak oor lugwaardinne en vlieëniers. Mense het onmiddellik ’n klomp vrae wanneer iemand sê hulle is ’n lugwaardin of vlieënier. Ons almal wil dadelik meer weet van daai mense en hulle leefstyl wat so drasties anders is as ons gewone mense s’n,” sê Willie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Banana Air volg die persoonlike en professionele verhoudings van die lugwaardinne en vlieëniers, en elke episode is gelaai met absurde penaries en onverwagse wendings.

Ons ontmoet vir Brand (Kaz McFadden), ’n nuwe vlieënier wat by die lugredery aansluit, en daar is heelwat intrige rondom sy verhoudingstatus.

Koekie (Lara Lourens), ’n energieke lugwaardin en ’n groot flirt, probeer Brand beïndruk, terwyl Hester (Liane Heyl), die meer ernstige en mededingende kollega, se verhouding met Piston (Markus Muller), Banana Air se gesoute vlieënier, haar grootliks frustreer.

Wanneer Hester ontdek dat Piston dalk nie so toegewyd is as wat sy gedink het nie, is daar behoorlik turbulensie in die lug.

Barbie Benadie (Danielle Retief) is ’n lugwaardin wat altyd op die uitkyk is vir ’n lekker tyd en ’n partytjiebestemming.

Rodney Reddy (Jai’prakash Sewram), die gestresde baas, sukkel om orde te handhaaf terwyl sy werknemers in verskeie skandale verstrengel raak, insluitend aanlyn dobbel, geheime liefdesverhoudings en hoogs onprofessionele gedrag op vlugte.

Sakkie (Matt Stern) is ’n vlieënier en Rodney se persoonlike assistent. Hy word ’n sentrale karakter in dié komedie wanneer hy ná sy egskeiding in ’n reeks nuwe romantiese verwikkelinge beland.

“Kykers kan uitsien daarna om uit te vind wat hierdie klomp kleurvolle karakters alles aanvang op tussenstoppe. Die reeks is ook heeltemal anders as enige van die sitkoms wat op die oomblik uitgesaai word. ’n Sitkom se doel is tog om mense te laat lag en te vermaak. Hierdie karakters gaan dit doen en vir ’n halfuur ’n week die kyker laat vergeet van sy of haar eie probleme,” meen Willie.

Terwyl die bemanning oorleef op ’n mengsel van humor, drama en lewenslesse, vind hulle hulself dikwels in die middel van onverwagte en soms rampspoedige situasies, wat veroorsaak dat sosiale media oorloop met video’s en foto’s van hul buitensporige gedrag.

Dis ’n unieke en vermaaklike blik op die wêreld van laekoste-lugdienste en die eksentrieke persoonlikhede wat dit laat werk. Wel, soms. Min of meer.

Banana Air word vervaardig deur Westel Produksies, wat vir reekse soos Molly & Wors, Hester en Ester Bester, Poena en Huis Lelieveld verantwoordelik was.

KYK: Amptelike lokprent


· Banana Air begin op 30 September 2024 om 20:00 net op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV: Hier’s vanjaar se wenners!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.