kategorieë: Bekendes

Wilmien, Dezi & Karien terug in 7de Laan

Nina Swart het 17 jaar gelede die karakter van Wilmien begin vertolk. Kykers het haar liefgekry as die wulpse Wilmien met die borrelende persoonlikheid. En sal ons ooit haar verhouding met die aantreklike Zak (gespeel deur Robert Bester) vergeet? Wilmien en haar woonstelmaats Dezi (Elma Postma) en Karien (Christi Panagio) het baie diep in kykers se harte gekruip en hulle word vandag, al is die drie van hulle reeds nie meer by dié sepie betrokke nie, steeds onthou vir hul karakters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elma het in 2007, na 7 jaar op die kassie, die karakter van Dezi Terreblanche gegroet. Ons onthou ook die romanse tussen Karien en George … dié twee (Christi en Nico Panagio) is natuurlik ook in die werklike lewe getroud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kyk ook: Agter die skerms tydens Christi Panagio se rooi rose-voorbladfotosessie vir die Maart 2017-uitgawe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons kan egter deel dat Wilmien, Dezi en Karien in die 4 000ste episode van 7de Laan gaan verskyn! Dié mylpaal-episode word Donderdagaand, 9 Maart 2017, op SABC 2 uitgesaai.

Lees ook: Elma postma – ’n nuwe toekoms wink

Kyk na hierdie lokprent:

Ons gunsteling-sêgoed van Elma, Christi en Nina

• Elma: “Ek waardeer mense wat anders is as ek. Iemand wat vir my sê ruk jou reg, dis nie so erg nie, is nodig in my lewe.”
• Christi: “Moenie tyd mors met iemand wat jy weet nie reg is vir jou nie en moenie vir minder as die beste settle nie.”
• Nina: “Ek ken my vrese en tekortkominge en ontken dit nooit teenoor myself nie. Ek gun my die ruimte om hierdie gevoelens te ervaar.”
• Elma: “Ek sal selde ’n sterk mening uitspreek, maar ek is ’n goeie luisteraar. En baie kere soek iemand net ’n oor wat luister.”
• Christi: “Ek wens ek het Oprah se vermoë gehad om mense gelukkig te maak. Dit is my grootste droom om geluk aan ander te kan gee.”
• Nina: “Ek is nie ’n kulturele snob as dit by werk kom nie. Werk is werk, en klaar.”
• Elma: “Ek en ’n paar vriendinne het op ’n reënerige dag op ’n verlate strand in Natal kaal geswem. Ek wou eers nie, maar dit was die grootste vryheid wat ek nog gevoel het. Niks kon my toe keer nie.”
• Christi: “Daar is ’n spesiale iets wat gebeur wanneer jy voor die Here staan en sy seën op jou verhouding vra.”
• Nina: “Wees eerlik met jouself, maar nie met die wêreld nie. Dit maak jou weerloos.”
• Elma: “Ek wil nooit ophou om te leer en bykomende vaardighede te ontwikkel nie.”
• Christi: “As jy van kleins af weet wat is belangrik en wat jou waardes is, word jy nie so vasgevang nie. Dit gee jou wysheid. Ek hoop my kinders sal dink dis koel om die regte ding te doen.”
• Nina: “Ek glo jy moet eers besef hoe klaaglik beskrompeld jy is voor jy die vreugde van die lewe kan ervaar.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.