kategorieë: FiksheidGesondheid

Witwarm wenke vir draftoerusting

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie, hardloop is een van die toeganklikste sporte wat jy kan aanpak. Of jy nou ’n spesifieke oefenplan volg en of jy net hardloop om endorfiene vry te stel, kom dit neer op dieselfde beginsel: trek jou tekkies aan en trek weg! Om daar te kom moet jy egter ’n paar belangrike besluite neem oor die tipe skoene, drag en draagbare toestelle wat beide jou lyf en sak sal pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sit jou beste voetjie voor

Goeie hardloopskoene kan jou duur uitwerk. Baie drawwers maak vrede met hierdie onkoste deur te dink aan hul hardloopskoene as ’n belegging in hul gesondheid (en om beseringvry te draf). Dit is uiters belangrik dat jy in ’n paar tekkies draf wat jou unieke liggaamsbou ondersteun. As jy die verkeerde paar kies, kan jy mediale skeenpyn (shin splints), seer enkels en gewrigte, en ander beserings opdoen wat jou gaan forseer om op te hou draf sodat jy kan herstel. Hoe kan jy dus verseker dat jy die regte paar skoene in die hande kry?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Wanneer jy winkel toe gaan om hardloopskoene te koop, neem ’n paar tekkies wat reeds uitgeloop is saam. Ondersoek die skoensole – dit sal baie verklap oor jou biomeganiese behoeftes en hardloopstyl.
  • As jy ortopediese sole dra, vat dit ook saam want dit kan beïnvloed hoe die skoen jou (letterlik) pas.
  • Moenie haastig wees wanneer jy tekkies kies nie. Moenie toelaat dat die verkoopspersoon jou aanjaag sodat jy die eerste paar skoene koop wat jy sien nie. Pas ’n reeks handelsmerke aan en draf deur die winkel om seker te maak dat jy dié paar koop wat jou reg pas. Vind ’n winkel met personeel wat die sport ken en wat vir jou goeie terugvoer kan gee op jou keuses.
  • Seer knieë, seer voete, skeenpyn en oormatige stywe spiere is nié ’n normale deel van hardloop nie, al is dit die algemene opvatting. Hierdie simptome kan (in die afwesigheid van ander oorsake) hul oorsprong hê in die feit dat jy hardloopskoene dra wat nie reg is vir jou liggaamsbou en -beweging nie, of dat die skoene eenvoudig uitgedra is en vervang moet word.
  • Vervang jou tekkies na elke ongeveer 720 – 880 km. Skryf die afstande wat jy hardloop neer om tred te hou met die mylafstand van jou skoene. Sekere selfoon-apps meet hierdie vir jou. Jou spesifieke liggaamsbou en hardloopstyl kan ook die leeftyd van jou skoene verkort of verleng, so hou maar ’n ogie op jou sole en neem die vervaardigers se aanwysings in ag.
  • Dink aan die groefies op jou sole as die groewe in jou kar se bande. Wanneer dit glad en afgeskuur is, dien dit nie meer hul doel nie: dis tyd vir ’n nuwe paar skoene.

“Om ’n nuwe paar skoene te koop behoort jou ’n tweede asem te gee met jou drawwery en dit sal die oefening vir jou volgende wedren baie gladder laat verloop,” sê Craig Nossel, Hoof van Vitality Wellness. “As jy pyne en skete ervaar wat verband hou met jou uitgeleefde skoene, kan dit opgelos word deur ’n nuwe paar skoene in die hande te kry wat pas by jou spesifieke liggaams-en hardloopbenodigdhede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom wind, kom weer – hou aan hardloop

Om gereeld buite te oefen kan sy tol eis op, onder andere, drawwers se oë en vel. Baie hardlopers neem nie beskerming teen buite-elemente ernstig op nie, maar dit is een van die belangrikste aspekte van gesond hardloop. Wees weer-wys met die volgende wenke:

  • Jou oë en vel word blootgestel aan UV-strale wanneer jy hardloop, al is dit vroegoggend, op sonnige en oortrokke dae, of in reënweer. Natuurlik is drawwers nog meer blootgestel aan skadelike strale wanneer hulle rondom middaghoogte of piek-UV-periodes hardloop.
  • Dit maak nie saak hoe die weer lyk nie, dit is noodsaaklik dat jy sonroom dra. Sonroom verminder nie net jou kanse op velkanker nie, maar help jou ook om donker vlekkies en ander kosmetiese skade te vermy. Dermatoloë beveel ’n breë-spektrum SPF 50+ aan wat elke twee ure aangewend moet word.
  • Sonbrille beskerm jou oë teen skadelike UV-strale. Maak seker jou bril beskerm jou teen UVA- en UVB-strale aangesien elk van hierdie jou oë anders beskadig.
  • Sonbrille keer boonop dat jy jou oë teen weerkaatsing ooreis en dit verseker dat jou gesig ontspanne bly wanneer jy hardloop. Sonbrille hou ook insekte van jou gesig af en uit jou oë terwyl jy hardloop.
  • Reën weerkaats 100% van alle UV-strale van die grond af, so dit is ewe belangrik om jou oë in oortrokke of koue weer te beskerm as wat dit is op ’n sonskyndag.
  • Vir ekstra UV-beskerming, gebruik ’n kopband, hoed, of buff wat die sweet (en hare!) uit jou gesig sal hou. Probeer ’n keps met ’n handdoekstofbandjie sodat oortollige vogtigheid op jou vel geabsorbeer kan word. Andersins werk ’n ligte maasstof-keps wat beide sonbeskerming en ventilasie bied.

Go Go Gadgets!

Die dae van die nederige treetellertjie is verby. Die mark loop oor van horlosies en ander slim, blink en gesofistikeerde draagbare volgtoestelle teen pryse wat die meeste begrotings pas. Om die regte toestel vir jou te vind, vra jouself hierdie af:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Voel jy meer gemaklik om ’n armbandjie te dra, of verkies jy ’n aanknip-volgtoestel?
  • Is jy ’n driekampatleet wat ’n toestel benodig waarmee jy kan fietsry, draf en swem?
  • Skakel jou toestel aan ander toerusting wat jou uitslae van ander sportsoorte meet?
  • Kan jou volgtoestel of slimhorlosie sinkroniseer met jou slimfoon om maklik data op te laai?
  • Het jy ’n voorbeeld van jou gekose toestel aangepas om die gewig en grootte te voel voordat jy dit koop?
  • Het jy oorweeg watter tipe battery die toestel bevat en hoe die batterylewe werk?

Die eenvoudigste draagbare toestelle tel hoeveel treë jy geneem het, dit meet jou pols, die tydsduur en die hoeveelheid kalorieë wat verbrand is tydens ’n oefensessie. Hoe meer verfynd die toestelle raak, hoe meer terugvoer sal jy kry: van jou gemiddelde pas, spoed, afstand, ’n GPS-meting, die gradiënt en jou pas tot barometriese altometerlesings.

Lees ook: 5 oefenfoute wat ons almal maak

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.