Bestanddele
- 250 g spek, in blokkies gesny
- 1 hoeveelheid tamatiesous
- 1 x 400 g-blikkie cannelini-boontjies
- 8 stukkies boerewors
- ’n hand vol basiliekruidblare
Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Braai die spek tot goudbruin en bros. Meng die tamatiesous en bone en gooi in ’n oondvaste bak.
- Rangskik die worsies op die tamatiesous. Bak vir 30 min. Die worsies sal sag en sappig aan die onderkant en bros aan die bokant wees.
- Haal die worsies uit die oond, skeur die basiliekruid in kleiner stukkies en strooi oor die worsies.
