Foto: kykNET
Wat gebeur as Yollie, Ouboet en Hendrikkie sak en pak uit Orkney trek? Hulle bevind hulself in die buitewyke van Johannesburg waar Ouboet en Hendrikkie hulself as entrepeneurs posisioneer en elkeen hul eie besigheid bestuur.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hier kom ’n ding, want die splinternuwe sitcom uit die pen van Willie Esterhuizen bring gunstelingkarakters uit sy vorige werk weer bymekaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Foto: kykNET
Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis en Molly en Wors word spitsvondig en met groot deernis saamgemeng. Die resultaat is ’n komiese reeks met Frank Opperman, as Ouboet van Orkney, aan die stuur van sake. Wors Visagie, (Willie Esterhuizen) is sy staatmaker vriend en konfidant en natuurlik is altwee se vrouens ook betrokke. Yollie (Sally Campher) en Molly (Liz Meiring) hou nie net hul mans op hulle tone nie, maar wys dat oud beslis nie koud is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die kinders, wat nou al mooi groot is, maak ook gereeld hul verskyning. Hendrikkie (Kaz McFaden) en Gielie (Wynand von Vollenstee) moet die ooms in toom hou. En wat sal ’n reeks wees sonder ’n blonde bombshell? Boeboe, (Liane Heyl) of te wel “Antie Boeboe” vir Gielie is terug in al haar glorie. Die geliefde Boeboe het haar Vetkoekpaleis hoedjie opgehang en is nou aan die stuur van Beauty with Boeboe.
Ouboet en Wors saai vanaf Oktober 2017 op DStv-kanaal 144 uit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.