Zaalouk deur Vickie de Beer. Foto: Lindie Kriek
Zaalouk
Serves: 8
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 2 middelslag-eiervrugte
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 soetrissies, pitjies en wit vliesies verwyder, gekap
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 5 ml (1 t) komyn
- 2 opgehoopte eetlepels tamatiepasta
- ’n knypie brandrissiepoeier
- 6 middelslag-tamaties, fyngekap
- ’n groot hand vol pietersielie
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
- Voorverhit die oond tot 180˚C.
- Sny die eiervrugte middeldeur, smeer olyfolie oor en geur met sout. Rooster vir sowat 30 min. tot goudbruin en sag. Kap fyn en laat afkoel.
- Verhit die oorblywende olie in ’n oondvaste middelslagpan en braai die uie en soetrissies daarin tot sag.
- Voeg die knoffel, komyn, tamatiepasta, brandrissie, tamaties en gaar eiervrug by en laat prut vir 20-30 min. oor lae hitte tot ’n dik, dieprooi sous. Geur met sout en swartpeper.
- Voeg die vars pietersielie by.
Anelle Tewson
Lees Meer
Beste gesmelte kaasbroodjies
12/09/2024
Varkvleis: Kook een keer, eet drie keer
12/09/2024
Laekoolhidraatbeskuit
12/09/2024