kategorieë: FiksheidGesondheid

Zetske van Pletzen se wenke vir winterfiksheid

“’n Gesonde liggaam en ’n gesonde verstand – nie net hou oefening jou fiks nie, maar dit sorg ook vir geestelike welstand,” glo sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As jy heeldag in die huis sit, veral in die winter, bied die buitelug die ideale kans om goeie vitamiene D in die son in te kry en om vars natuurlike lug in te asem. Daar is meer as genoeg kieme wat in die werkplek rondsweef dié tyd van die jaar. Kom dus uit en bly gesond!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Zetske se wenke

1. Omhels die koue weer: Ja regtig! Om uit te kom, is verfrissend en gee jou kans om meer te beweeg as binne die huis.
2. Kry nuwe toerusting. Ek bedoel nie jy moet jou begroting knak op nuwe oefenklere nie, maar kry iets waarmee jy die koue kan aandurf en wat jou sal aanmoedig om buite te oefen.
3. Moenie dat dinge jou onderkry nie: As jou werk te veel raak en jy winterdepressie kry, help dit om aan die begin en einde van ’n besige dag tyd te maak vir oefen. Jy sal verbaas wees hoe net ’n klein bietjie oefening jou sal help om dinge beter te hanteer.
4. Kry ’n groot doelwit. Dalk wil jy gewig of sentimeters verloor of jou draftye verbeter. Kry ’n doel waarna jy kan werk. Maak dit so spesifiek moontlik en beloon jouself met ’n heerlike gesigbehandeling om jou vel teen die winterweer te bevogtig. Jou somerlyf sal ’n groot belonging wees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.