kategorieë: Skoonheid

Die oorspronklike wonderjellie

Vaseline BLUE SEAL Petroleum Jellie is vir meer as 140 jaar ’n stapelproduk in Suid-Afrikaanse huishoudings. Hoewel dié jellie in 1870 ontwikkel is, is dit steeds alombekend en word daar volgens ’n onlangse studie een Vaseline-produk per sekonde in Suid-Afrika verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoewel die gebruik van Vaseline oor verskeie generasies strek, is die herstellende kragte daarvan selfs in hedendaagse tye ongekend. Die gebruik van dié jellie help onder meer om droë vel te bekamp deur vog in die vel te verseël en dus die vel kans te gee om self te herstel sonder dat oortollige vog in die proses verlore gaan. Dit beskerm ook die vel teen eksterne elemente en word in die vel geabsorbeer om probleemareas te versterk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Top 5 skoonheidsgebruike

1. Smeer oor wenkbroue om dit netjies in plek te hou.
2. Smeer oor jou naelvliesies om dit sag te hou.
3. Meng met suiker om ’n tuisgemaakte afskilfering-jellie te maak en só van dooie epiteelselle ontslae te raak.
4. Smeer ’n klein hoeveelheid op jou wange vir ’n glanseffek of meng dit met jou lipstiffie om ’n romerige blosser te skep.
5. Smeer ’n klein hoeveelheid op droë plekke vóór jy self-verbruindende middels aanwend om ongelyke verbruining te voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 wenke vir die hele gesin

1. Smeer oor jou hakke en bedek met sokkies vóór jy gaan slaap vir fluweelsagte hakke.
2. Wend aan droë , gebarste lippe om dit te genees.
3. Gebruik om jou baba te masseer en om brandboudjies te voorkom.
4. Meng met suurlemoen- of lemoensap en wend dit aan in die geval van sonbrand.
5. Vryf oor moë, seer voete om pyn te verlig.

5 gebruike vir die mans in jou lewe

1. Wend aan om moeë vel ná sportoefeninge te verlig.
2. Wend dit aan elmboë en knieë om die vel sagter te maak.
3. Smeer oor hande om harde vel sagter te maak.
4. Smeer oor klein wonde om dit te beskerm.
5. Verlig sonbrand deur aan songebrande areas te wend.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.