kategorieë: Bekendes

Zita Pretorius: die sangeres met die klassieke stem

Op 14 Oktober 2016 het Zita Pretorius die Atterbury-teater in Pretoria in vervoering gehad met haar ongelooflike talent.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die musiek-aand het oor ’n wye reeks genres gestrek en het onder meer Afrikaanse verwerkings van klassieke meesters soos Schubart ingesluit. Een van die hoogtepunte van die aand was die Jazz-legende David Cousins wat saam met haar op die verhoog verskyn het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Zita is natuurlik ook bekend vir haar styl en ontwerper Johan Botha het gesorg vir drie ongelooflike rokke wat Zita soos ’n ware prinses laat lyk het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Zita is nie net ’n bekwame sangeres nie, sy ken ook haar instrumente, onder meer die klavier. Sy is lid van die Gauteng Opera-ensemble waar sy gereeld gesien kan word in ’n verskeidenheid opera-uitvoerings. Haar repertiore het ook bekende Andrew Lloyd Webber werke soos Phantom of the Opera ingesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eddie Clayton, die konsertmeester van bekende produksies soos Classics is Groot, was verantwoordek vir die musikale verwerkings. Bekende musiek soos This Is The Moment van
Jeckyl and Hyde, Don’t Cry For Me Argentina en ’n meesleurende Keltics-weergawe van Sting se Fields of Gold, was onder meer deel van die vertoning.

Zita het tydens Zita Goes Classics ook haar splinternuwe enkelsnit, Wie Weet Wat Liefde Is vir die eerste keer met haar aanhangers gedeel.

Zita Goes Classics sal van vroeg 2017 regoor Suid-Afrika aangebied word. Vir meer inligting hieroor, besoek gerus Zita se Facebookblad.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.