Foto’s: Verskaf
Qhawekazi Mazaleni, ’n 24-jarige spraak-taalterapeut van die Oos-Kaap, is Saterdagaand by die SunBet Arena in Pretoria as Mej. Suid-Afrika 2025 gekroon.
Qhawekazi, wat tans haar meestersgraad in spraaktaalpatologie voltooi, fokus haar werk op outisme en inklusiewe onderwys. Anders as in vorige jare, sal sy nie Suid-Afrika by Mejuffrou Heelal verteenwoordig nie; haar fokus gedurende haar termyn sal op vrouebemagtiging, toegang tot onderwys, jeugwerkloosheid en gemeenskapsontwikkeling wees.
Hier is tien feite oor Qhawekazi:
1. Sy kom van die Oos-Kaap
Sy is gebore en getoë in Gonubie, Oos-Londen, en woon tans in Sundowner, Randburg. Sy is die eerste wenner van die Oos-Kaap in ’n klompie jare.
2. Akademies uitnemend
Sy beskik oor ’n graad in spraak-, taal- en gehoorterapeutiese wetenskap vanaf die Universiteit Stellenbosch en voltooi tans haar meestersgraad in spraaktaalpatologie deur die Universiteit van Pretoria, met ’n fokus op outisme.
3. Gepubliseerde kinderboekskrywer
Qhawekazi het die isiXhosa-kinderboek Amasele Amdaka geskryf en gepubliseer, wat kinders leer lees en tel. Sy beoog om die boek in alle Suid-Afrikaanse tale te laat vertaal om geletterdheid te bevorder.
View this post on Instagram
4. Meertalige jong vrou
Sy kan vlot isiXhosa, Engels en Afrikaans praat, en leer tans Sepedi en isiZulu.
5. Sportief en gedissiplineerd
Qhawekazi het verlede jaar haar eerste halfmarathon voltooi.
6. Kreatief
In haar vrye tyd hou sy daarvan om klere vir haarself te hekel.
View this post on Instagram
7. Haar rolmodelle
Haar rolmodelle is die aktrise en model Gale Mabalane, wat sy bewonder vir haar egtheid en doelgerigtheid, en die Amerikaanse aktrise en sangeres Keke Palmer, wat volgens haar “vreesloos haar platform gebruik om oor sosiale kwessies te praat, sonder om haarself te verloor.”
8. Gesin en agtergrond
Sy is die jongste van drie susters. Haar ouer suster, Homba Mazaleni, het in 2023 die topvyf van Mej. Suid-Afrika gehaal. Haar ma het by die departement van onderwys gewerk en haar pa is ’n bestuurder by Eskom.
View this post on Instagram
9. Haar missie
As spraak-taalterapeut is haar doel om kommunikasie- en opvoedkundige ongelykhede te oorbrug. Sy glo dat toegang tot gehalte-onderwys en kultuursensitiewe hulpbronne kinders se toekoms kan verander.
10. Haar lewensmotto
“It’s only embarrassing if you’re embarrassed. Don’t be afraid to be seen trying.” Hierdie woorde, sê sy, herinner haar daaraan om vol selfvertroue nuwe uitdagings aan te pak.
View this post on Instagram
Lees ook: Ons laaste onderhoud met geliefde weeraanbieder Anika de Beer


