Foto’s: Instagram/Natasha Vermaak.
Die voormalige Mej. Suid-Afrika, Natasha Vermaak (voorheen Joubert), het Maandagaand groot nuus gedeel – sy en haar man, Enrico, verwag hul eerste kleinding!
Die 28-jarige Natasha het die blye aankondiging met ’n hartroerende video op sosiale media gedeel. In die video stap sy en Enrico, ‘n projekbestuurder, hand aan hand langs die strand, haar bababoepie duidelik sigbaar, terwyl hulle sonarfoto’s vashou.
Sy het by die plasing geskryf:
“Die afgelope 5 maande… het ons die soetste geheim gehou.✨👼🏼🤍”
View this post on Instagram
Baba Vermaak se geslag is nog nie bekend gemaak nie,
Die glanspaar het vroeër vanjaar, op 16 Maart, tydens ’n sprokiestroue by die Cavalli-landgoed in die Kaapse Wynlande afgehaak. Die twee se liefdesverhaal het reeds in hul hoërskooldae by Hoërskool Eldoraigne in Pretoria begin. Natasha is in 2023 as Mej. Suid-Afrika gekroon.
Lees ook: 10 dinge wat jy moet weet oor ons nuwe Mej. SA, Qhawekazi Mazaleni
