kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

10 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n tuiskantoor skep

10 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n tuiskantoor skep deur Cornel Dunn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis tyd vir ’n nuwe baadjie!

Hierdie tuiskantoor was oorvol en ongeorganiseerd. Die vertrek het geen son ontvang nie en die wit kaste en tafels het dit koud en onaantreklik gelaat. Daarom wou ons dit ’n nuwe voorkoms gee om dit gemakliker en lekkerder te maak om in te werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Terwyl jy uitpak en uitgooi, luister gerus na ons opwindende nuwe podsendings – dit gratis!

Ons het op ’n avokadogroen besluit en die vertrek in verskillende skakerings daarvan geverf. Met die toevoeging van aantreklike stoorspasie en slim kantoorbenodighede het dit sommer gou ’n nuwe baadjie aangehad.

Wenke vir ’n tuiskantoor

Hier is goeie raad vir jou tuiskantoor.

1. Ruim op

Pak weg en raak ontslae van alles wat onnodig, gebreek of ongebruik is.

As dit gebreek is, maak dit reg of herwin dit. As jy dit nie gebruik nie, of as dit onnodig vir die werk is wat jy doen in dié spasie, gee dit weg, verkoop dit, of bêre dit in die kamer waar dit behoort.

’n Netjiese tuiskantoor help jou om te fokus, so maak seker daar is stoorplek vir alles.

Lees ook: Immergroen Mid Century

2. Raak georganiseerd!

Maak seker dat jy voldoende stoorplek het sodat jy alles georganiseerd kan hou. Doen ook moeite om aan die einde van die dag, of ten minste weekliks, jou tuiskantoor op te ruim sodat jy nie oorlaai word met deurmekaar items en dokumente nie.

Lees ook: Dekor-inspirasie: Kry die seestyl

3. Druk ’n persoonlike stempel op die spasie af

Moenie bang voel om foto’s, inspirasieborde, of kunswerke wat vir jou mooi is, in jou tuiskantoor te sit nie.

Lees ook: Slim maniere om jou foto’s te raam

4. Die een ding waarin jy moet belê …

… is ’n goeie kantoorstoel! Jy gaan ure daarin deurbring.

Lees ook: Maak die meeste van klein leefspasies

Elegante kantoorstoel (R2 499) @Home

5. Om beter te kan bel, my kind

Installeer ’n landlyn, dit gaan jou werk baie vergemaklik.

Lees ook: Dink pienk! 5 maniere om nou pienk in jou huis te gebruik

iStock/Charday Penn

6. Alles wat kan oop- en toemaak

Sorg dat die vertrek ’n binnedeur het sodat daar privaatheid is. Dit help ook om na kantoorure hierdie spasie van jou leefarea te kan skei.

Lees ook: Vetplante wat selfs beginners aan die lewe kan hou

iStock/YinYang

7. Laat daar genoeg lig wees

Maak seker dat jou kantoor genoeg natuurlike lig kry en sodat jy nie te veel op kunsmatige lig hoef staat te maak, of in die donker sit, nie.

iStock/supersizer

8. ’n Helde(r)verhaal

… Maar ’n goeie lessenaarlig is onontbeerlik.

iStock/izusek

9. Alles is beter na ’n koppie koffie

’n Koffiemasjien is ’n nodige luukse …

iStock/Eva Katalin Kondoros

10. Goeie toestelle is broodnodig

Belê in ’n goeie drukker, rekenaar en skerm – en enigiets wat jy vir jou beroep gaan nodig kry. Onthou, goedkoop koop is duur koop in die lang termyn.

Lees ook: Hoe om ’n slimtelevisie te kies

iStock/Rawpixel

Goeie wenke om tuis te werk

  • Moenie werk en plesier meng nie
  • Hou by kantoorure
  • Vermy dit veral om saans en naweke daar te sit en werk

Produkte

Verskaffers

@home| www.home.co.za

Mr Price Home| www.mrpricehome.com

Takealot | www.takealot.com

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.