10 maklike wenke vir ’n Feng Shui-huis

Die Engelse spreekwoord, “Out with the old in with the new” kan nie meer relevant wees as dit kom by jou huis nie. Huise is ’n weerspieëling van die mense wat daarin bly. As een deel verwaarloos en deurmekaar is, trek dit negatiewe energie. Skep positiewe energie met Feng Shui deur die volgende wenke te volg. Deur Elandre Swart. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gooi uit

Moenie hierdie stap mis nie. Goeie energie is noodsaaklik vir ’n harmoniese huis. Raak ontslae van alles wat jy nie in jou huis liefhet nie. Om skoon te maak en uit te gooi is ’n energieverbruikende proses wat soos terapie sal voel en dit sal jou help om die lading te verlig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lug en lig

Hierdie twee elemente is noodsaaklik vir goeie Feng Shui-energie (ook bekend as Chi). Maak jou vensters gereeld oop en laat soveel moontlik natuurlike lig in. Plaas plante wat die lug reinig soos die African violet en ’n varing in jou huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante

Kamer vir kamer

Voordeur

Die voordeur moet in perfekte kondisie wees want dit verteenwoording rykdom. Om goeie energie in te nooi, plaas ’n pragtige plant by die deur en verlig elke kant van die deur.

Die gang

Die gang verteenwoordig geleenthede. Hou die area klottervry deur jou baadjies en sakke óf in ’n kas te sit, óf mooi en netjies op te hang. Verwyder enige onnodige goed wat rondlê. Nooi goeie energie in met ’n mooi spieël of blomme. Blomme is ’n goeie manier om enige area onmiddellik op te hef.

Lees ook: Leef klottervry

Kombuis

Jou kombuis is ’n belangrike ruimte aangesien die energie daarvan die voeding- en verhoudingsharmonie vir die inwoners verteenwoordig. Maak seker jy plaas nie die wasbak en stoof teenoor mekaar nie. In Feng shui verteenwoording die wasbak water en die stoof vuur en hierdie twee elemente kan ’n botsing en argumente tussen paartjies veroorsaak.

Die kleure in die kombuis is ook belangrik. Vermy te veel swart en rooi, aangesien dit ook ’n botsing tussen vuur en water veroorsaak. Die posisie van die oond is belangrik vir die voeding van die inwoners. Vermy areas soos onder ’n venster.

Sitkamer

Maak seker die meubels is in verhouding met die ruimte van die vertrek. Moenie enige deure met meubels blokkeer nie en plaas die hoofbank teen ’n muur om die inwoner ondersteuning te gee. Om rykdom te aktiveer, plaas energie in ’n hoeklamp oorkant die vertrek se deur.

Eetkamer

Die eetkamer (en -tafel) is ’n belangrike oorweging in Feng Shui aangesien dit ’n ruimte bied waar jy konsentreer waarop jy eet. Om die energie in hierdie ruimte te optimaliseer, plaas ’n spieël teen die muur om die tafel te weerspieël en sit blomme op die tafel.

Slaapkamer

Om ’n rustige slaap aan te moedig, moet die slaapkamer ’n neutrale kleur wees en die beddens moet ’n kopstuk hê teen ’n soliede muur. Ideaal gesproke moet die bed nie in lyn wees met die slaapkamerdeur nie. Plaas bedkassies aan weerskante van die bed om ondersteuning te bied. Plaas lig gegeurde kerse op die bedkassies om romantiese energie in te bring.

Badkamer

Die badkamer moet altyd skoon gehou word met die deur gesluit en toiletdeksel af. Dit is die gebied waar rykdom gedreineer kan word. Plaas plante in dié vertrek.

Tuin

Die voortuin verteenwoordig jou toekoms en sorg dat dit altyd mooi bly. Plant pragtige blomme en plante en hou dit altyd netjies. Die agtertuin verteenwoordig beide gesondheid en rykdom vir die inwoners, sodat dit altyd in ’n goeie toestand gehou word. Die grense, heinings en mure moet altyd goed onderhou word om die inwoners te ondersteun.

Lees ook: Johannesburg HOMEMAKERS Fair vanaf 24 tot 26 Maart by Kyalami – WEN dubbelkaartjies!

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.