kategorieë: GebakKos

Pistasieneut-en-bosbessie-nougat

Genoeg vir 5 stafies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 2 velle ryspapier
• 125 ml (½ k) heuning
• 290 g (1 ¹⁄³ k) strooisuiker
• 30 ml (2 e) water
• 2 eierwitte
• 250 ml (1 k) pistasieneute, afgedop
• 250 ml (1 k) gedroogde
• bosbessies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Spuit ’n 15 cm- vierkantige koekpan met kleefwerende kossproei. Sny die ryspapier so groot soos die pannetjie.
1 Meng die heuning, suiker en water in ’n kastrolletjie.
2 Roer oor matige hitte tot die suiker opgelos is. (Moenie dat die stroop kook voor die suiker nie heeltemal opgelos is nie.)
3 Kook die stroop vir sowat 10 min. (maar moenie roer nie) of tot dit die hardekraak-stadium (164 ˚C) op ’n suikertermometer bereik.
4 Klits die eierwitte in ’n hittebestande bak. Voeg die stroop geleidelik by die eierwitte terwyl jy deurentyd klits.
5 Klits tot die mengsel dik en blink is.
6 Roer die pistasieneute en bosbessies by.
7 Skep die mengsel vinnig in die voorbereide koekpan. Sprei uit oor die hele pan. Sit die tweede stuk ryspapier bo-op.
8 Laat staan vir sowat 2 uur.
9 Doop jou mes in versiersuiker of mielieblom en sny in ewe groot stafies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kookkunsie

Sodra die neute en bessies ingeroer is, moet jy dit dadelik in die pan skep en uitsprei, want dit set baie vinnig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.