Hoe moet boedel beplanning lyk vir ouers?

Om ‘n ouer te word, verander ons egter onherroeplik op baie maniere, veral deur sterk gevoelens te wek oor wat met ons kinders kan gebeur as ons sterf. Wat as die onverwagte gebeur, en albei ouers sterf op dieselfde tyd?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Suid-Afrika, as jy sterf sonder ‘n geldige Laaste Testament, wat die aanstelling van ‘n voog vir jou kinders insluit, is dit die Howe wat hul lot sal beslis. Benewens voogdyskap, waarvoor omgesien word deur jou Laaste Testament, gaan jy noukeurige planne in plek wil stel om die beste moontlike veiligheidsnet vir jou kinders te skep wat hulle sal versorg tot onafhanklikheid. Om jou boedel te beplan en jou boedel inligting op datum te hou, is die beste manier om jou wense oorvloedig duidelik te maak en jou kinders te beskerm teen die onvoorspelbaarheid van die lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rachelle Best, stigter en uitvoerende hoof van Heritage Vault, ‘n digitale oplossing om al jou belangrike inligting te organiseer en te beveilig, sê: “Die dag voordat my dogter gebore is, onthou ek duidelik dat ek ‘n reuse nuwe verantwoordelikheidsin gevoel het. Dit gaan nie meer net myself wees waarna ek moes omsien nie, maar daar was ‘n splinternuwe lewe in die wêreld wat van my afhanklik sou wees. Dit was ook die oomblik wat ek ‘n lys begin maak het van alles wat ek moes uitsorteer sodra ek by die huis kom. Ek het besef dat, sou iets met my gebeur, alles in orde moet wees sodat daar optimaal na my dogter omgesien kan word en dat my wense vir haar gehoor en uitgevoer sal word.

Vir ouers gaan dit oor meer as net finansiële sekuriteit …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die basiese beginsels van boedel beplanning vir ouers sal natuurlik finansiële beplanning insluit en voorsiening maak vir genoegsame fondse om ‘n kind groot te maak deur lewensversekeringspolisse uit te neem en beleggings te maak. Daar is egter baie meer wat ouers vir hul kinders sal wil los as hulle onverwags sou sterf. Plato het gesê: “Laat ouers nie rykdom aan hul kinders bemaak nie, maar die gees van eerbied.” Baie ouers soek maniere om na die dood steeds geken en verbind te word aan hul kinders; vir hul ouer-kind bande om op gesonde maniere voort te gaan en wat hul kinders sal help om emosioneel veerkragtig te wees.

Rachelle sê: “Ná my dogter se geboorte het ek ‘n e-posrekening vir haar opgestel en ek het gereeld briewe en foto’s na daardie rekening gestuur. Dit dokumenteer ons tyd saam in haar vroeë kinderjare wat sy eendag na kan terugkyk en momente sien wat sy reeds sou vergeet het. Dit is my plan om vir haar die wagwoord vir hierdie e-posrekening te gee wanneer sy 18 word, ‘n pragtige nalatenskap van haar kinderdae en haar familie om haar vas te hou terwyl sy haar eie pad in die wêreld vind. Sonder ‘n lewensmaat of ‘n vriend wat elke detail van ons lewens geken het op daardie stadium, sou dit vir ‘n persoon óf moeilik óf onmoontlik gewees het om dinge te vind wat vir my as ouer belangrik is. Wat sou met haar wagwoord-beskermde geskenk-e-posrekening gebeur? Wie sal weet waar om die kontakbesonderhede van my dogter se pediater en haar gesondheidsrekords te vind? Dit het die saadjie gesaai van ‘n idee dat daar ‘n oplossing moet wees waar jy alles op een veilige plek kan organiseer wat ten volle toeganklik sal wees vir my eksekuteur, en die vertroude geliefdes wat ek wil hê betrokke moet wees by die afhandeling van my boedel.”

Heritage Vault, wat verlede jaar as ‘n ‘eerste’ in Suid-Afrika bekend gestel is, is ‘n digitale oplossing wat jou in staat stel om al jou belangrike boedel inligting veilig te stoor en dit maklik toeganklik maak vir jou aangestelde vertrouelinge in die geval dat jy sou sterf of onbevoeg raak. Alles wat jou eksekuteur of genomineerde geliefdes dalk nodig sou hê, word veilig op een plek gestoor en perfek georganiseer in 13 maklik-om-te-vind kategorieë van data.

Rachelle sê: “Dit is belangrik om daarop te let dat ouers steeds ‘n geldige testament moet opstel wat voogdyskap van hul kind spesifiseer, en wat in sy oorspronklike hardekopie-vorm aan jou eksekuteur beskikbaar moet wees. Jy kan egter ‘n digitale kopie daarvan na jou private kluis oplaai en bloot spesifiseer waar om jou oorspronklike testament te vind. Al jou wagwoorde kan veilig gestoor word, wat noodsaaklik is aangesien soveel van ons lewens en ons finansies deur digitale kanale bestuur word. Al jou klante rekeninge met volledige kontakbesonderhede kan gelys word sodat dit vinnig gekanselleer kan word om te verhoed dat geld onnodig uit jou boedel dreineer.”

Die proses om jou Heritage Vault te vul, wat jy in jou eie tyd kan doen, lei jou intuïtief deur elke aspek van omvattende beplanning vir jou heengaan. Dit sluit in die nalating van instruksies vir wat met jou troeteldiere moet gebeur en wat jy met jou sosiale media-rekeninge gedoen wil hê. ‘n Kategorie in die kluis genaamd ‘Vir My Mense’ bemagtig jou om private en persoonlike boodskappe aan jou kinders op te laai wat jy voel vir hulle waardevol sal wees in die geval van jou heengaan.

Rachelle sê: “Ons gebruikers vind gemoedsrus in beplanning vir enige geleentheid en en organisering van hulle inligting. Hul Heritage Vault bring ‘n belangrike bykomende laag sekuriteit en veiligheid na hul gesin. Dit is ‘n lewende databasis wat hulle kan bywerk en hersien soos besonderhede verander en soos hulle en hul begunstigdes verskillende lewens-fases bereik, wat so belangrik is wanneer jy kinders het om na om te sien.”

Lees ook: 5 wenner-wenke vir kinderkamers

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

5 hours Gelede

My ma se appeltert

6 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.