kategorieë: Reis

10 moet-sien plekke in die Kaap

Durbanville Hills se kelder is sinoniem met Kaapstad. Net 20 minute se ry van die middestad kan jy asemrowende uitsigte oor Tafelberg, Tafelbaai en Robbeneiland sien. Die wyne wat hier gemaak word, weerspieël die unieke omgewing van valleie en hange wat reg rondom uitstrek, asook die koel klimaat danksy die suidooster wat die wingerde met koel, klam lug van die Atlantiese Oseaan voorsien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis ’n moderne kelder en het ’n driehoekige uitkykpunt, geskoei op die Kasteel de Goede Hoop, wat die “Bastion” genoem word en soos’n skip se voorstewe deur die wingerde daaronder ploeg. Die ontspanne binne- en buitenshuise gedeeltes van die kelder is eietyds, en bied allerlei gerieflike afdelings waar ’n mens handgemaakte kaas, brood en vleis, biltong of sjokolade met wyn kan geniet, of aan ontbyt, middag- of aandete in die restaurant kan smul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Ondergrondse Toer van Kaapstad vind plaas in tonnels wat in die middel 1700s gebou is, en gee jou ’n opwindende avontuur. Kaapstad het vroeër bekend gestaan as “Klein-Amsterdam”, want kanale en riviere was vervoerroetes, en dit het ook vars water vir die Kompanjiestuin en skepe gelewer. Die tonnels loop onder die besige strate in die middestad, terwyl ’n begeleide toer by die Kasteel de Goede Hoop begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

The Old Biscuit Mill in Woodstock is reeds ’n instelling in die Moederstad, want ’n mens kry ’n hele versameling kunswerk-, handvlyt-, mode- en onderwerpwinkels. Op Saterdae is die besige mark propvol organiese en vars kosprodukte wat ’n mens daar kan geniet, of huis toe neem. Ook in Woodstock bied die rasperige galery What if the World die geleentheid vir jong kunstenaars om hul werk uit te stal en bied hulle gereelde kunsgeleenthede en -werkswinkels aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Book Lounge in Roelandstraat is ’n magiese wêreld van die letterkunde waar seldsame boeke, poësievoorlesings en verhalevertellings bymekaar kom. Drink koffie in die ruskamer, gesels met die kundige personeel en blaai deur hul versameling van die jongste fiksie- en nie-fiksie-titels.

’n Entjie daarvandaan is die Labia-teater in Oranjestraat. Dis die oudste onafhanklike teater vir kunsrolprente in Suid-Afrika. Dit wys onafhanklike, buitelandse en historiese flieks asook ander alternatiewe en kunsrolprente. Dis ook die enigste rolprentteater waar jy by ’n kroeg kan ontspan en ’n drankie geniet terwyl jy na ’n fliek kyk! As jou kultuurlus bevredig is, kan jy Langstraat vir sy modieuse winkels en restaurante aandurf. Dis een van die beste plekke vir ’n aandjie uit, want dit bied alles, van ’n elegante aandete tot ’n klub-ervaring.

Laastens is daar Kaapstad se asemrowende natuurskoon. Ry per fiets op die Seepunt-promenade, stap met volmaan teen Leeukop op en verwonder jou aan die uitsig oor die stad in maanlig, of lê op Kampsbaaistrand in die son en bak.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.