kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes hoekom jy die Februarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop

10 redes hoekom jy die Februarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop saamgestel deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Chanelle de Jager oor liefde en tweede kanse

Chanelle de Jager is ’n bondel dinamiese energie, en op veertig tevrede met haar lewe, en verras oor die liefde …

Foto: Leana Clunies-Ross

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Brad Pitt – ’n man soos min

In vandeesmaand se Margaret Uit Hollywood gesels Brad Pitt openhartig met ons oor sy emosionele groei en hoe hy vandag oor homself voel.

10 redes hoekom jy die Februarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop. Foto: HFPA

3. Ons 19 beste wenke vir jou heel mooiste somer nog

Dis warm en jy voel dalk of jy wil smelt, maar ongelukkig smelt jou grimering wel! Koel af, bly vars en omhels hittevriendelike voorkomste. Ons wys jou hoe …

Foto: Kristina Stojiljkovic. Model: Mieke Visser van Boss models

4. Tienermodes

Die meeste tieners wil graag elke seisoen nuwe klere in die kas hang, maar dis dalk wys om eers die boustene van ’n basiese klerekas aan te skaf en dan daarop uit te brei. Dié basiese itmes is modieus, tydloos en betroubaar en kan tieners help om ’n stylvolle klerekas op te bou.

10 redes hoekom jy die Februarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop

5. Elsa Winckler – Soene en vere

Elsa Winckler se liefdesverhale is nie net ’n kort ontvlugting vir vroue nie, maar leer hulle van romanse … en hoe ’n behoorlike soen werk!

Elsa Winckler

6. Die mooiste tafeldoeke wat jy nou moet koop EN ’n doen-dit-self-tafeldoek!

Handgedrukte tafeldoeke is vanjaar baie gewild. Ons wys jou die mooiste tafeldoeke wat jy vanjaar moet kry EN ons wys jou hoe om jou eie Shibori-tafeldoek te maak.

Foto: Living4Media/Greatstock

Lees ook: 7 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n matras koop.

7. ’n Nuwe seisoen vir Milan Murray

Dit lyk altyd asof die aktrise Milan Murray wat ons nou weer as Nickie in die kykNET-reeks Die Byl sien, alles so moeiteloos doen – behalwe aktrise is sy ook ma, wederhelf, entrepreneur, skrywer en bestuur ook haar eie uitgewery. Maar nee, sy hou nie altyd al die balle in die lug nie, bieg sy …

10 redes hoekom jy die Februarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop.
Foto: Lizelle Lotter

8. Eet die reënboog

Eet jy ’n verskeidenheid groente en vrugte van elke kleur, gee jy jou liggaam genoeg voeding, vesel en energie om ’n sterk immuunstelsel op te bou. Ons wys jou hoe maklik dit is om al die kleure van die reënboog in jou dieet in te werk.

9. Rooiwarm man: Marc Buckner

Die tweede seisoen van The Bachelor begin binnekort, en kykers kan daarna uitsien om Marc Buckner beter te leer ken. Op die oog af lyk hy na die soort ma wat enige skoonma se hart warm sal laat klop!

Foto: Cathy Pinnock

10. 4 blokraaisels + 2 kortverhale

Vandeesmaand het ons nie twee nie, maar VIER blokraaisels vir jou PLUS twee lekkerlees-kortverhale!

LET WEL: Helaas, dit gebeur tog met ons almal. Ons het ’n fout gemaak … Ons het op bl. 114 die verkeerde leidraad vir Blokraai 3 verskaf. Die korrekte leidraad is: ‘n Bybelse vors

10 redes hoekom jy die Februarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop

Nou op die rakke:

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

44 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.