kategorieë: Ons menseBekendes

Wat jy nou moet weet oor Harry en Meghan se toekomstige rolle as voormalige verteenwoordigers van die Britse koninklike familie

Wat jy nou moet weet oor Harry en Meghan se toekomstige rolle as voormalige verteenwoordigers van die Britse koninklike familie deur Catherine Schenck. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In ’n persverklaring van Buckingham-paleis op 18 Januarie 2020, het Koningin Elizabeth sowel as Harry en Meghan, hertog en hertogin van Sussex, uigestippel hoe die pad vorentoe vir dié

paartjie lyk nadat hulle besluit het om hul verpligtinge as senior lede van die Britse koninklikes af te skaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees hier om meer te leer oor Harry en Meghan se besluit om van hul rolle as amptelike verteenwoordigers van die koningshuis af te sien.

In Koningin Elizabeth se verklaring verduidelik sy dat die Britse koninklikes maande gelede al die gesprek begin het om te onderhandel oor hoe die Sussexe hul verpligtinge as senior lede kan verklein. Sy noem dat Harry, Meghan en Archie steeds geliefde lede van haar familie sal bly, ten spyte van hul besluit om hul rolle as verteenwoordigers van die koningshuis af te skaal.

Koningin Elizabeth noem in die persverklaring dat sy die intense druk begryp wat Meghan ervaar het sedert sy deel van die koninklike familie geword het en dat sy dié jong gesin se wense vir ’n meer onafhanklike lewe ondersteun. Sy bedank verder die paartjie se toewyding in hul werk tot dusver en dat sy trots is op hoe vinnig Meghan deel van die koninklike gesin geword het.

Sy sluit af deur te sê dat dit al die koninklikes se wens is dat Harry en Meghan ’n nuwe, vreedsame lewe sal kan bou.

In die persverklaring van Buckingham-paleis word daar genoem dat die Britse koninklikes met Harry en Meghan ooreengekom het dat die Sussexe glad nie aan meer koninklike verpligtinge sal deelneem nie, insluitende enige militêre verantwoordelikhede. Tot op hede was Prins Harry deel van die Britse weermag.

Hulle sal ook nie meer enige publieke befondsing in ruil vir hul koninklike verpligtinge ontvang nie.

In die persverklaring word daar wel genoem dat Harry en Meghan steeds as beskermhere mag optree en ander verbindings mag aangaan in hul private kapasiteit met vergunning van die koningshuis.

Hulle noem ook dat alhoewel hulle nie meer as verteenwoordigers van die koningin mag optree nie, hulle steeds die koninklikes se waardes sal uitbeeld.

Harry en Meghan verloor verder hul titels (His/Her Royal Highness) aangesien hulle nie meer werkende lede van die koninklike familie is nie.

Die paartjie het glo ook genoem dat hulle graag die geld wil terugbetaal wat aan hulle gegun is om Frogmore Cottage, hul woning in Brittanje, te restoureer. Hulle sal steeds daar woon wanneer hulle in die Verenigde Koninkryk is.  Die res van die tyd sal hulle in Noord-Amerika woon.

Wat wel nog nie bevestig is nie, is of die Britse koningshuis vir Harry, Meghan en Archie se veiligheidspersoneel sal betaal.

Hierdie veranderinge sal glo in die Europese lente van 2020 aangebring word.

Prins Harry het ook hierdie naweek by ʼn geleentheid vir Sentebale (ʼn organisasie wat jeug in Lesotho en Botswana ondersteun wat deur MIV/Vigs geraak is)  ʼn toespraak oor sy besluit om die koninklike familie te verlaat, verduidelik.

Loer hier om te sien wat hy sê:

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.