kategorieë: Ons menseBekendes

‘n Suid-Afrikaanse sprokiesverhaal!

‘n Suid-Afrikaanse sprokiesverhaal! Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Instagram (Tim Tebow)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit lyk soos iets uit ’n sprokiesverhaal, maar dié keer met braaivleisvure, Zavion se blommerangskikkings, ’n romantiese wynlandgoed en tradisionele gesigverf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die liefde blom behoorlik tussen die voormalige Mej. Heelal en haar verloofde, die Amerikaanse bofbalspeler, Tim Tebow. Terwyl daar geswyg word oor enige besondere rondom dié paartjie se trouplanne, word daar wyd bespiegel dat hulle vandag nog gaan afhaak – en dat Sondagaand se viering soortgelyk is aan die Amerikaanse tradisie van ’n oefensessie (“rehearsal dinner”) met al die betrokkenes voor die groot dag.

’n Betroubare bron na aan die paartjie het Saterdag (18 Januarie 2020) aan Netwerk24 verklap dat Demi-Leigh en Tim vandag (Maandag die 20e) trou.

Volgens www.theknot.com, waar items vir die paartjie se trou-register verskyn, is die bestemming vir hulle wittebrood ’n geheim, maar verklap wel dat dit op ’n sonnige, tropiese bestemming sal wees.

Van die items in die trou-register is onder andere swartgraniet-kaasmesse,  Schott Zwiesel-wynglase, ’n graniet-en-hout-kaasbord en ’n spoggerige vloer-tot-dak-spieël. Demi-Leigh en Tim het ook ’n liefdadigheid-opsie by hulle geskenkregister gevoeg en bied gaste die geleentheid om geld te skenk aan die Tim Tebow Foundation.

Demi-Leigh het Saterdag ’n video op haar Instagram-profiel gedeel waar dié twee saam met gaste kuier, tussen wingerde voor ’n berghang vir foto’s poseer en baie lag en gesels. Later is daar ook foto’s en video’s gedeel van ’n vrou wat vir Demi-Leigh tradisionele Xhosa-gesigsverf aansit. Tim het ook te lekker met dié verfkolletjies op sy gesig gespog.

In die video – wat teen vandag  meer as 525 000 keer gekyk is – kan ’n mens sien dat die gaste ook vrolik saam in die verfkolletjie-pret gedeel het.

Sondagaand se joligheid

Demi-Leigh en Tim het Sondagaand nóg ’n groot opskop, en dié tweede een van die naweek, in Suid-Afrika gehou. Demi-Leigh het Sondagaand ’n video op Instagram gedeel van ’n deftige onthaal met ’n lang tafel langs ’n swembad, romantiese liggies en duisende blomme. Dié paartjie het vreeslik verlief en droomverlore in mekaar se arms saamgeswieg op musiek wat deur ’n jazzorkes verskaf is.

Talle mense, insluitende albei die verloofdes se pa’s, het in die opvolgvideo van 2 en ’n half minute, ’n toespraak gelewer. Demi-Leigh bedank dan later al die stelle ouers voordat Tim verduidelik dat hoewel Demi-Leigh bereid was om in Amerika te trou, hy geweet het “niks sou dieselfde gewees het as sy nie by die huis is nie.”

Wat weet ons van die troue?

’n Betroubare bron na aan die paartjie het aan Netwerk24 verklap dat die paartjie glo vandag trou.

Gaste moes glo in die Kaapse middestad bymekaar, waarvandaan hulle dan met bussies na die trou-venue vervoer sou word. Dié venue is glo ’n halfuur buite die stad. Nes Vrydagaand se verwelkomingspartytjie en Sondagaand se “rehearsal dinner” sal die troue na alle waarskynlikheid ook in die wynlande gehou word.

Na verneem word, sal die Suid-Afrikaanse troue opgevolg word deur ’n troue in Amerika.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.