kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

‘Ons drie is genoeg’

Vertroue, instink en liefde wat deur moeilike tye en die voorreg van ouerskap geslyp is, anker die akteur Reynardt Hugo en sy vrou An-Maré se verhouding. Daarom doof hulle doelbewus die geraas van die buitewêreld uit binne die veilige kokon van hul saamwees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hannon gee raad

Hannon Bothma het ’n skatkis van ervaring  wanneer dit by styl en skoonheid kom. Hy deel graag ’n paar wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons gesels met: Frank Rautenbach, Elsa Winckler en Corné & René van Rooyen

Die akteur en TV-aanbieder Frank Rautenbach erken hy’t nuwe insigte in homself gekry en hoewel hy nog nie sy Hollywood-droom verwesenlik het nie, het hy iets veel kosbaarder gevind.

Van soen weet Elsa Winckler heelwat meer as die gemiddelde mens, want sy het ’n behoorlike studie daarvan gemaak. En haar kennis is nie net tot die teorie beperk nie.

Corné en René van Rooyen is die kragpaartjie in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf. Vir dié twee is dit nie ’n werk om rolprente en TV-reekse te maak nie, maar ’n leefstyl.

As jou skattebol eintlik ’n skurk is

So lank as wat Facebook met ons is, so lank is daar al skelms wat die platform misbruik. Daar’s ’n swetterjoel maniere waarop mense ingedoen word en een daarvan is die sogenaamde ‘romanse-slenter’. Zerelda Esterhuizen vind meer uit.

Vir soetkoek opeet

Hierdie soetgoed is so verleidelik, jy sal dit nie kan weerstaan om tot die laaste krummeltjie op te eet nie

Jou gesig sê meer as wat jy dink

Jou uitdrukking weerspieël jou gemoedstemming, maar het jy geweet ’n fisionomie-kenner kan jou innerlike karakter uit jou gelaatstrekke aflei? Die vorm van jou voorkop, die digtheid van jou wenkbroue, die posisie van jou ore en elke plooitjie dra betekenis.

‘n Vars benadering

Kan onopgeloste trauma werklik chroniese pyn of beserings veroorsaak? En hoe hou dit met die bindweefsel in ons liggame verband? ’n Fisioterapeut het twee en twee bymekaargesit en met die kragtige Lyno-metode vorendag gekom

‘n Somerhuis in Suid-Afrika

Eenvoud, neutraliteit en tydloosheid. Dit was die opdrag van die Britse egpaar, Jon Fairclough en Esther Hayes, aan hul argitek, wat vir hulle ’n basis geskep het waarvandaan hulle vir die Britse winter kon wegkruip

Wen ’n groot Valentynsbederf!

Een gelukkig leser en sy of haar geliefde kan ’n super romantiese geskenk ter waarde van R166 260 wen.

Leiding vir jou laaste dae

Hoewel dit nog redelik nuut in ons land is, begin al hoe meer mense van ’n doodsdoula gebruik te maak wanneer hulle weet dat hul afsterwe naby is. Wat is dit en watter rol speel so iemand om jou op jou dood voor te berei?

Lees ook: WEN ASICS Gel-NIMBUS™26-tekkies!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.