kategorieë: InspirasieJou lewe

Stres minder, leef ligter

Party mense seil deur stresvolle situasies sonder dat ’n haartjie uit plek raak, terwyl ander – wel, kom ons sê maar net dit lyk asof die hare én die gemoed ’n woestynwind moes trotseer. Wat is die onverstoordes se geheim? “’n Stresbestande persoonlikheid,” antwoord dr. Arien van der Merwe, mediese dokter, skrywer en stresbeheer- en werkplekwelwees-konsultant van Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie gesogte persoonlikheidstipe is ongelukkig nêrens te koop nie, maar die goeie nuus is dat enigeen die betrokke eienskappe kan aankweek. En dis die moeite werd, want hoewel ons dalk ons indrukwekkend hoë stresvlakke aan ons omstandighede toeskryf, bly ons grootste stressneller ons persoonlikheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Jou persoonlikheid is die filter waardeur jy die lewe ervaar”

“Dink maar hoe perfeksionisme of pessimisme jou omgang met die werklikheid kan raak. Mense val in twee hoofgroepe: dié met stresbestande persoonlikhede, en dié wat stresgevoelig is. Maar selfs al is jy stresgeneig, is daar hoop. Jy is meer as jou persoonlikheid. Nie een van ons is so gemaak en laat staan nie. Persoonlikhede is plooibaar, en daarby het ons innerlike bronne waaruit ons kan tap.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die wegspringplek na ’n rustiger bestaan is bewustheid. Sodra jy weet of jy stresbestand of stresgevoelig is, kan jy vasstel watter van die drie persoonlikhede onder elke hofie jou die beste beskryf.

“Insig in wat jou stres sneller, kan jou help om doeltreffender streshanteringstegnieke toe te pas. Dis dalk pynlik om te erken dat jy minder aantreklike persoonlikheidseienskappe het, maar dis die eerste stap wanneer jy ‘selftoegediende stres’ wil verminder.” Arien het ’n paar vraelyste opgestel om die proses makliker te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stresgevoelig of stresbestand?

(Merk die toepaslike blokkies)

Hoewel sy jou skaars agter die berg papierwerk op jou lessenaar kan raaksien, vra jou baas of jy gou veranderinge aan ’n paar verslae sal aanbring. Jy sal waarskynlik …
A Die veranderinge aanbring en jou frustrasie op almal om jou uithaal
B Verduidelik dat jy reeds oorlaai is, maar dit later sal doen as dit nie dringend is nie
A Instem en dan ’n medewerker oorhaal om die takie te voltooi
A Oorweldig voel en die res van die dag sukkel om te fokus

Jy klets so dat jy vergeet om die oond dop te hou. Wanneer jy onthou, lyk die kos meer na houtskool as die meesterstuk wat jou gaste verwag het. Jy sal waarskynlik …
B Die term “behoorlik gerooster” ewe vrolik by jou spyskaart voeg
A In trane uitbars omdat jou droom van ’n volmaakte onthaal pas in vlamme opgegaan het
B Chinese kos, stokkies en al, vir twaalf mense bestel

Dis hoogsomer, jy sit vas in die verkeer en jou motor het die afgelope vyf minute nie beweeg nie. Jy kan onmoontlik betyds by die seminaar opdaag, en jy is die aanbieder. Jy sal waarskynlik …
B Die betrokkenes bel, sê jy gaan laat wees, en na jou gunsteling-CD begin luister
A Hewig ontsteld raak maar jou trane terugbyt om jou maskara te red
A Die ander bestuurders vermaak deur te skree en op die toeter te lê

Ná ’n dag van kantoorpolitiek, intense vergaderings en ’n telefoon wat onophoudelik lui, haal jy die huis in een stuk – waar jou kinders al om jou en oor jou is en luid die een eis na die ander stel. Jy sal waarskynlik …
A Jouself in jou slaapkamer toesluit waar jy in trane uitbars
A Vir jou kleuter wys hoe ’n vloermoer behoort te lyk
B Vinnig aan ’n aktiwiteit dink wat jou kinders sal kalmeer

Jy het pas die finale dokumente gekry vir jou langverwagte reis na die Maledive. Jy blaai deur die brosjures en kan al die skemerkelkies proe! Dan sien jy die vliegkaartjies se datums is foutief. Jy sal waarskynlik …
A Besluit daar sal geen reis wees nie. Dis onmoontlik om die vliegdatums in dié stadium te verander
B Jou reisagent bel en kalm vra om die misverstand reg te stel
A Op jou reisagent gil
B Op die internet kyk of daar ander kaartjies beskikbaar is

Het jy meer B gemerk? Die kans is goed dat jou stresbestande persoonlikheid jou teen stresaanvalle beskerm.
Het jy meer A gemerk? Jy het waarskynlik ’n stresgevoelige persoonlikheid wat jou vatbaar maak vir stressnellers

Stresgevoelige persoonlikhede

Hieronder val die tipe A, mede-afhanklike en hulpeloos-hopeloos tipe persoonlikhede.

(Merk die toepaslike blokkies)

Is jy tipe A?
Hierdie persoonlikhede leef in die hoogste rat, aangespoor deur hul kompeterende geaardheid en die same-lewing se klem op welvaart. Hulle is werkslawe en tyd is ’n groot stressor omdat hulle soveel moontlik wil doen, alles natuurlik perfek! Hulle wil in beheer wees en raak gespanne wanneer ’n saak sy eie loop neem. In sulke situasies haal hulle soms hul woede op die mense om hulle uit.

Is jy altyd betyds vir afsprake?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Is jy kompeterend in speletjies tuis of by die werk?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Antisipeer jy wat ander gaan sê (deur ’n kopknik, ander se sinne te voltooi of hulle in die rede te val)?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Raak jy ongeduldig in toue, verkeersknope of wanneer jy moet wag?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Doen jy tegelykertyd verskillende dinge, terwyl jy aan die volgende item op jou lysie dink?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Doen jy die meeste dinge vinnig (stap, eet, bestuur, praat?)
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Raak jy gou geïrriteer deur beuselagtighede, ander se dwaasheid, of die swak standaard van hul werk?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Raak jy kwaad as jy ’n fout maak of faal?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Vind jy gedurig fout met ander?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Neem jy die meeste van die tyd saans werk huis toe?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Werk jy vrywillig lang ure?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Kla jou gesin dat jy te min tyd saam met hulle deurbring?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Vind jy dit moeilik om van werk en ander eise te vergeet en te ontspan?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Sê jy moeilik nee vir meer werk, liefdadigheidsbetrokkenheid en soortgelyke eise?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Is dit vir jou swaar om te delegeer?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

Hang jou eiewaarde af van jou werk, bydrae tot die gemeenskap, jou kinders se prestasies, of geldinsamelingspogings?
Nooit
Soms
Gewoonlik
Altyd

As jy enige vrae met “gewoonlik” of “altyd” beantwoord, toon jy tipe A-gedrag.

Is jy mede-afhanklik?

Hierdie groep hunker na goedkeuring en gebruik elke geleentheid om dit te kry. Immer lojaal, doen hulle moeite om ander te plesier – al moet hulle hul eie belange ondergeskik stel. Hulle raak soms wrokkig en voel hulle word nie waardeer nie. Hul onvermoë om “nee” te sê, dra by tot hul stresvolle omstandighede en te veel spanning loop soms op reaktiewe optrede uit.

Is jy hulpeloos-hopeloos?

Hoewel hierdie persoonlikhede meestal bekwaam is, is hulle onseker van hulself. Hul pessimistiese streep veroorsaak dat hulle baie keer mislukking verwag nog voor hulle die taak aangepak het. Stresvolle situasies kan hulle oorweldig en hulle na die sneesdoekies laat gryp of laat tou opgooi.

Stresbestande persoonlikhede

Hieronder val die veerkragtige, oorlewings- en tipe R-persoonlikhede.

Het jy ’n veerkragtige persoonlikheid?
Hierdie groep word selde deur stres van stryk gebring en voel gerus dat hulle alles sal kan hanteer wat op hul pad kom. Werksverlies of verhuising is vir hulle ’n uitdaging eerder as ’n vloek – hulle sien dit as ’n leerkurwe en ’n groeiproses. Hulle neem beheer van stresvolle situasies en beraam ’n plan van aksie.

Het jy ’n oorlewingspersoonlikheid?
“Balans” beskryf hierdie persoonlikhede goed. Hulle bly optimisties en is goeie probleemoplossers wat hul linker- én regterbrein inspan. Hulle kan soms trots, selfsugtig en rebels wees, maar ander kere weer nederig, altruïsties en goeie spanmaats. In baie stresvolle omstandighede sal hulle weldeurdag eerder as reaktief optree.

Het jy ’n R-persoonlikheid?
R-persoonlikhede is adrenalienverslaafdes. Hulle gedy op avonture soos rekspronge of rotsklim. Hoewel hulle kanse waag, is hulle nie roekeloos nie – hulle sal nie uit die vliegtuig spring voor hulle seker gemaak het die valskerm werk nie! Dinge wat ander mense gespanne maak, is dikwels vir hulle opwindend en hulle funksioneer gewoonlik goed in stresvolle omstandighede.

Lees ook: Wenke vir elke tipe persoonlikheid

Word meer stresbestand

Stresbestande mense toon vyf belangrike eienskappe:
Hulle bestuur ’n stresvolle situasie, asook hul emosies op ’n gebalanseerde manier. Hulle hardloop nie weg nie en voel hulle kan die verloop van sake beïnvloed.
Hulle takel ’n probleem en bly betrokke tot dit opgelos is.
Hulle bereik doelstellings en los krisisse op deur dit as geleenthede vir groei en vaardigheidsontwikkeling te beskou.
Hulle sien die lewe as sinvol en kan lewensgebeure betekenisvol verwerk.
Hulle kry ’n plek in ’n groep eendersdenkendes wat dieselfde visie deel.

Lees ook: Leer hoe om te ontspan

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.