kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Junie-uitgawe van rooi rose móét lees!

’n Tyd vir gevaarlik leef


Die omroeper en skrywer Amore Bekker staan op die drumpel van ’n nuwe lewensfase. Een waarin sy wil waag, haarself wil uitdaag en met oorgawe wil leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My kind is gay

Ons samelewing is vandag baie meer oopkop as tien of 20 jaar gelede, maar dikwels is dit steeds ’n groot skok vir ouers as ’n kind die eerste keer onthul dat hy of sy gay is. ’n Kenner vertel meer oor die verskillende fases waardeur ’n ouer gaan en wat ’n ouer kan doen om dit te verwerk, te aanvaar en ’n veilige ruimte vir die kind te skep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis Vadersdag: Bekende pa’s gesels

Bradley Olivier is bekend vir sy rol as Danny Jantjies in die hospitaaldramareeks Binnelanders. Wat baie mense egter nié van die gewilde akteur weet nie, is dat hy ’n baie cool pa is. Hy gesels meer daaroor.

Geon Nel is nie net ’n veteraan van die teaterwêreld nie. Nee, die man wat die rol van die stemmige boer Frans in Nêrens, Noord-Kaap vertolk, is ook ’n bedrewe kulkunstenaar.

Dit maak nie saak hoe oud jy is of in watter fase van jou lewe jy is nie – ’n baba bly ’n groot geskenk. Hiervan kan Jannie Moolman en sy vrou, Melissa, getuig. En hulle kan nie wag om te sien wie van Pa of Ma se talente hul dogtertjie erf nie.

Vitiligo: ’n Velvyand?

Vir mense wat dit het, is vitiligo veel meer as net ’n toestand wat vlekke veroorsaak. Baie worstel met selfbeeldkwessies of ernstiger geestesprobleme. Zerelda Esterhuizen deel haar ervaring en vertel ons meer daarvan.

Dis warm kos, skat

Met hierdie warm bredies, pasteie en pastageregte sal jy enige hart warm kan maak – maak nie saak hoe bibberend koud die winter is nie!

‘n Jas wat netjies pas

Wat is winter sonder ‘n mooi jas om jou warm, maar ook modieus te hou?

Tree goed af

Soos ons lewensverwagting toeneem, so neem die beleggingstermyn vir wanneer jy die dag aftree ook toe. Elke Brink wys die strategie wat jy kan volg.

’n Nuwe, klein begin

Om die eerste eienaar van dié dubbelverdiepinghuis naby Somerset-Wes te wees, was soos om op ’n skoon skilderdoek te kon verf. Deur kreatief met dekor te werk te gaan, is hierdie kleiner ruimte met sy groot uitsigte in ’n ware tuiste omskep.

Wen ’n safari-wegbreek met Aquila

Een gelukkige leser kan verblyf vir twee nagte vir twee mense ter waarde van R19 600 by Aquila- privaat wildreservaat in die Touwsrivier-omgewing wen.

Ontklotter jou lewe

Ons is al amper by die helfte van die jaar. Wat het van jou nuwejaarsvoornemens geword om jou klerekas en huis in orde te kry? Begin vandag en omskep jou huis in ’n tuiste waar jy jou batterye kan herlaai.

Lees ook: ’n Viering van alle ma’s: WEN met Pandora!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

39 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.