kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die November-uitgawe van rooi rose móét lees!

Mamma Minki

Minki van der Westhuizen leef al jare in die kollig, maar meer as enigiets streef sy daarna om ’n goeie, deugsame mens en ’n inspirasie vir haar drie dogters te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aanval van die brein

’n Beroerte gebeur meermale sonder enige vooraf waarskuwing en ook nie net met ‘ou mense’ nie. Hoe meer kennis jy dus oor ’n beroerte het, hoe beter, want dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken

Ons loer in by: Hannon Bothma, Deirdre Wolhuter en Lee Scott

Hy is dalk die plaaslike ghoeroe van glans, maar vir Hannon Bothma het moue oprol, harde werk en die bereidwilligheid om te waag nog altyd die deurslag tot sukses gegee.

Deirdre Wolhuter wat tans in Skemergrond te siene is, is ’n skugter mens wat haar werk as ’n ambag beskryf en nie daarvan hou dat mense ’n ophef van haar maak nie

Lee Scott se naam is sinoniem met musiekmaak en mooimaak, en op 37 hou hy met sukses verskeie balle in die lug. Hy vertel waar hy sy energie vandaan kry om elke dag met ’n glimlag aan te pak

Sit vark voor

Jy hoef nie net van blaarslaai en seldery te leef as jy ’n gesonder leefstyl wil voer nie. Ruil jou rooivleisgeregte vir varkvleis uit, wat ’n maer proteïen met sink en B-vitamiene is.

Die reis na selfaanvaarding

Chantel Struwig is met ’n prominente portwyngeboortevlek oor die linkerkant van haar gesig, ken en nek gebore, maar haar reis na selfaanvaarding is voltooi.

Speel-speel

Gee jou klerekas ‘n Alice in Wonderland-gevoel.

Doen dit met deeg

Die Franse sweer daarby: Om jou dag met die reuk van vars gebak en goeie koffie te begin.

’n Moderne hawe

Sy doen modelwerk in Frankryk. Hy werk in Dubai. Die Kaap, en meer spesifiek Seepunt, was die perfekte plek vir hulle om ’n middelweg te vind waar hulle kan ontspan. eie koffie te begin.

Waar is kerklidmate heen?

Ons kerke bloei lede, maar wie se skuld is dit? Covid-19, ’n veranderende wêreld of emigrasie? Zerelda Esterhuizen gesels met kenners

Wen Egiptiese parfuumolies!

Twee gelukkige lesers kan elk ’n parfuumoliestel ter waarde van R10 000 elk wen.

Lees ook: WEN velsorgprodukte van Katavi se Intensive-reeks!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

41 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.