
Ons kies lewe!
Melinda Bam en haar ma, Wanda, en sussie, Melissa se lewe was nie altyd sonskyn nie. Vandag is hulle ligjare verwyderd van dit wat gebeur het. Hulle het doelbewus besluit om die lewe te kies, die rug op die swaar en seer te draai. Elna Rossouw het met dié voormalige Mej SA en haar dierbares gaan kennismaak.
Die nuwe werkplek
Covid-19 het die werkplek verander en werkgewers en werknemers het besef hoe goed hibriede en afstandwerk kan werk. Word hierdie tendens egter voortgesit of soek die meeste ondernemings vaste kantoorpersoneel?
Ons loer in by Amore Bekker, Renske Jacobs en Gustav Greyling
Haar radiostem is dalk vir eers stil , maar nou verwesenlik sy uiteindelik ’n kleintydse droom en laat haar stem op die verhoog hoor.


Feeskos
Kersfees is die tyd om die familie om die tafel bymekaar te kry en saamwees met huiskos en geregte van toeka tot nou te vier!
Die vreugde en vrede van Kersfees
Kersfees alleen is vir al hoe meer mense die perfekte manier om ná ’n warrelwindjaar werklik rus te vind. Die dae van moets en moenies wat stres veroorsaak oor dié spesiale tyd is besig om soos mis voor die son te verdwyn
Die kombinasie van kleur
’n Dokter bedags en ’n kwiltmaker snags. Dit klink soos die begin van ’n lekker Suid-Afrikaanse Superman-storie. Die kwilttannies in sy gilde meen ook Dewald Compion is merkwaardig en enig in sy soort.
Bederf die gaste
’n Soetigheid saam met die Kersete is ’n moet. Wat is Kersfees tog nou sonder koekstruif Eton Mess of cassata?
Spyt ek het geskei
Spyt kom gewoonlik te laat, en wanneer dit oor ʼn egskeiding gaan, is dit meestal nie omkeerbaar nie.
Dis die tyd van gee
Geskenke vir Kersfees en almal is bly … Het jy al die regte geskenk gekry? Hier’s ’n paar idees vir ander en natuurlik jouself.
Het jonges vandag meer probleme?
Ons hoor vandag baie meer van kinders en jongmense met geestestoestande as vorige jare. Word dit net meer aan die groot klok gehang, of wat veroorsaak soveel probleme by ons kinders? vra Zerelda Esterhuizen.
Lees ook: WEN ’n SKIN Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R2 700!











