
Nádine se nuwe hoofstuk
Nádine vier vanjaar 30 jaar in die musiekbedryf. Sy is ook die trotse bestuurder van haar eie leerwinkel, wat haar in haar winterseisoene deurgedra het.
’n Sirkus, die plaas en die bosveld
Masiya’s Camp het in 2025 sy deure oopgemaak; en die Farmstead ook. Dis waar die ooreenkomste stop, want dié twee opwindende, nuwe verblyfopsies in die Krugerwildtuin kan nie meer van mekaar verskil nie.
Ons loer in by Freek Robinson, Julian Robinson en Jannie Moolman
Sy pa se amper halfeeu lange loopbaan is gekenmerk deur onderhoude met belangrike politici, gesprekke met berugtes en bekendes en ’n soeke na die waarheid en geregtigheid. Maar vir die Binnelanders-akteur Julian Robinson was sy pa, die veteraanjoernalis Freek, in die eerste plek maar net nog altyd “Pa”.

Die sanger Jannie Moolman meen die lewe is in seisoene verdeel en dat jy die beste van elkeen moet maak.

Warm winterdisse
Wanneer die koue byt en die dae korter raak, is bredies en warm geregte die perfekte kos.
Wat jy saai, sal jy maai
Dit voel of dit my skuld is. My volwasse kinders sukkel. Waar begin en eindig my verantwoordelikheid?
Wonderkuur teen die vetjies
Zarine Roodt her jare lank aan vetsug gelei. Dit is tot een middel uiteindelik tot haar ‘wonderwerk’ gelei het. Tirzepatide is ’n voorskrifmedikasie wat vir tipe 2-diabetes gebruik word en, in baie lande, ook gewigsverlies.
Soet vir die winter
’n Warm gebakte poeding of beskuit, wat in ’n stomende koppie koffie gedoop word, is mos net wat ’n mens nodig het as dit koud word.
Wanneer KI jou hart steel
Kunsmatige Intelligensie bied iets wat skaars is in ’n moderne wêreld: ’n empatiese luisteraar. Maar oppas, waarsku kenners, jou kletsbot kan jou vervreem van dít waarvoor jy geskape is: menslike interaksie.
Die DNS-draad wat hulle bind
Sy biologiese pa was nie van sy bestaan bewus nie. Khyle Demetriou se lewenslange soektog na sy pa en na homself was vir hulle ’n geskenk van hoop en onvoorwaardelike liefde.
Brei iets eenvoudig mooi
Soms wil ’n man net ’n trui sonder fieterjasies hê, en in ons jongste uitgawe is daar ’n patroon vir so ’n trui.
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!












