kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy rooi rose se Junie-uitgawe móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar rustigheid, vrede en liefde heers

Hulle het op die stel van ’n sepie ontmoet, maak saam twee pragtige kinders groot en staan vir geen uitdaging terug nie. Die akteurspaar Marijke en Werner Coetser is ’n gedugte span, van die gimnasium tot voor die kameras.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wen ‘n wegbreek!

Wen twee nagte se verblyf vir twee mense ter waarde van R24 040 van Angala-boetiekhotel.

Ons loer in by bekendes pa’s: Steve Hofmeyr, Gerhard Steyn en André Velts

Steve Hofmeyr gesels oor kinders wat emigreer, die 29 jaar se ouderdomsverskil tussen sy oudste en jongste, en lekker lang kuiers saam met sy spruite.

Daar is geen rol in die wêreld wat Gerhard Steyn eerder sal wil hê as dié van pa nie. En dit pas hom soos ’n handskoen. Maretha Botes het by hom en sy gesin op die oewers van die Vaaldam gaan kuier.

As regisseur het hy ’n magdom werk op sy kerfstok en doen werklik wat sy hart begeer, maar André Velts is ook ’n gesinsman wat erken dat sy gesin sy anker is.

Koesterkos

As die temperature begin daal, raak ons lus vir bredies en warm sop. Luister maar na jou lyf. Dit weet wat goed is vir jou!

Weet jy dít van menopouse en hormone?

Baie vroue wat onplesierige menopouse-simptome, soos nagsweet, slaapstoornisse en gewigstoename ervaar, besef dis aan hormoonveranderinge te wyte. Waarmee hulle egter nie noodwendig rekening hou nie, is dat die ‘fabriek’ waar die hormone vervaardig word in dié tyd verskuif en dat kortisol en stresbeheer die toon aangee.

Tyd vir hiberneer

Of jy in jou huis vir die koue wegkruip of ‘n winterwegbreek beplan, bly knus in hierdie snoesige klere.

Die geheim is in die poeding

Met die dae wat korter raak en nagte langer, wil jy net vinnig iets lekkers hê en dan onder die komberse klim. Hier is drie klassieke resepte wat jy gou-gou kan maak.

Sit ’n wag voor jou mond

Wees katvoet wanneer jy oor sekere dinge of onderwerpe praat, want dit kan dalk net jou reputasie skaad. Wees veral versigtig met tien dinge…

Die soet smaak van sukses

Kees Beyers was ’n tjokkertjie toe hy al geweet het hy gaan eendag sy eie sjokolade-fabriek besit. Hy het van jongs af skouer aan die wiel gesit om sy droom te verwesenlik en vandag besit hy Beyers Chocolates, die grootste onafhanklike sjokoladefabriek en handelsmerk, in Suid-Afrika.

Mikrobestuur: Die rooi vlag van leierskap

ʼn Bestuurderspos kom met verskeie uitdagings en persoonlike opofferings. ʼn Bestuurder moet sy of haar span lei en verantwoordelikheid vat. Maar wanneer is jou bestuurstyl te veel beheer en te min delegeer?

Lees ook: WEN velsorgprodukte en ‘n velkonsultasie van SKIN functional!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Raar kultivars by Kirstenbosch-proe vertoon

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…

2 days Gelede

Winterpastei

Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…

2 days Gelede

Kaneelrolletjies met koffieroom

Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…

2 days Gelede

‘Die brug’ se twee nuwe deelnemers gooi die appelkar om

In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Lizelle Pike oor haar terugkeer na die verhoog as Ingrid Jonker

Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak…

2 days Gelede

La Dolce Vita roep: Stanley Tucci oor sy nuwe Nat Geo-reisreeks

Deur Thinus Ferreira    In ’n wêreld waarin ons almal se gejaag skynbaar onophoudelik is…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.