
‘Ek verdrink nie meer nie’
Dit was drie baie swaar jare, maar Anel Alexander haal weer versigtig asem. Sy maak haar hart oop oor James se dood, die donker van alleenwees en die hoop dat haar storie iets sal beteken.
Wat mans en vroue régtig wil hê
Weet jy wat jou verhoudingsmaat ten diepste begeer – en hoe mans en vroue se sienings verskil? Wat dink jy is die sensueelste drie woorde wat ’n man vir ’n vrou of ’n vrou vir ’n man kan sê? ’n Verhoudingskenner se insigte in liefde en intimiteit mag jou verras.
Ons loer in by Izette Blignaut en Zandré Coetzer
Die aktrise Izette Blignaut gesels oor wortel skiet, hartsmense en die lekkerte daarvan om elke dag haar kindertyddroom te kan uitleef.


Kos is op die tafel
Hier is ’n paar staatmakergeregte vir aandetes wat sommer maklik en vinnig is om te maak.
Blougroen in 2026
Neigings kom en gaan. Maryke Roberts het met ’n paar ontwerpers gaan gesels en uitgevind hoe jy met vanjaar se kleur sonder te veel aanpassings kan speel sodat jou huis steeds vars en modern sal lyk.
Korte mette met geldtoffies – op YouTube!
Van Bloem tot Zürich en weer terug, Carla Venter is ons eie fin-fluencer en sy keer die tradisionele manswêreld op sy kop.
Soet gunstelinge
Wafels is altyd ’n wenner met tiramisu en suurlemoenmeringue kort op die hakke.
Is jy Ma of maat?
Kinders word groot en deur die jare verander die manier hoe ouers hul kinders grootmaak. Verander dit egter so dat julle vriende kan wees? En kan jy ’n ouer én vriend wees?
Herontdek natuurlike beweging
Omdat soveel van ons daagliks ure lank by lessenaars en voor skerms sit, word beweging dikwels iets wat ons moet skeduleer eerder as iets wat spontaan gebeur. Hoe kan jy natuurlike bewegingspatrone by jou roetine insluit, en ’n vorm van oefening vind wat jou opgewonde maak?
Dink voor jy deel
Om foto’s en snaakse sê-goed van jou kind op sosiale mediaplatforms te deel, kan jou dalk in die toekoms ’‘n hofsaak op die hals haal. Dink liewer twee keer oor wat en waarom jy so graag deel.
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!










