
Van afval en opstaan
Die voorblad van hierdie maand se rooi rose straal – nie net vanweë die helder Namibiese son waar die fliek My f*k Marelize geskiet is nie, maar vanweë die warmte en opregtheid van twee vroue wat hul harte en talente ten volle aan ’n storie toevertrou het. In die fliek vertolk Je-ani Swiegelaar en Zandélle Meyer die rol van ’n ma en dogter – karakters met dieper lae as wat ’n mens op die oppervlak sou raaksien. Maar dit is ook hul eie reis – as aktrises, as vroue, as mense op soek na betekenis en geluk – wat dié rolprent só besonders maak.
Skool by die huis – dis MOS lekker
Al hoe meer ouers oorweeg deesdae om verskeie redes tuisonderwys vir hul kinders. Moderne tegnologie maak tuisskool vandag ook soveel meer toeganklik. Wat is die voordele van tuisskool en watter uitdagings moet ouers oorbrug wanneer hulle dié groot stap neem?
Ons loer in by Pieter Koen en Annie Malan
Nadat die bekende sanger en aanbieder vir ’n wyle oor die waters in Amerika saam met sy gesin gaan bly het, is hulle terug. Pieter Koen is ook douvoordag op mense se kassies in ’n nuwe program te sien en hy vertel meer daaroor.


Met min kan jy ver kom
Varkvleis is meer as net ’n varktjoppie op die braairooster. Daar is soveel wat jy daarmee kan doen as om dit net te braai. Hier volg ’n paar maklike varkvleisgeregte.
Stééds ’n man
Prostaatkanker is een van die ingrypendste uitdagings wat ’n man kan trotseer, nie net fisiek nie maar ook emosioneel. Elred Lawrence praat openhartig oor sy ervaring, vanaf die diagnose tot die manier waarop dit sy lewensuitkyk verander het.
Saam opgewonde oor môre
Tenile Müller en Lucet de Beer Müller se ma-en-dogter-reis was nie altyd maanskyn en rose nie. Maar dié wenners van ons ma-en-dogter-kompetisie, kan getuig dis juis die swaarkrytye wat hul band vandag sterker as ooit gemaak het.

Gaan groot met grenadella
Grenadellas is ’n somervrug met ’n soetsuur, eksotiese smaak. Probeer hierdie eenvoudige idees die volgende keer wat jy lus is om iets te bak.
Lente is in die lug!
Dis die tyd van die jaar wat mense tradisioneel skoonmaak, weggooi en ’n nuwe blaadjie vir die lente omslaan. Jy kan egter meer as net jou huis skoonmaak en ook van klotter in jou lewe ontslae raak
Vir pienkvoete
In ons jongste uitgawe is twee maklike skoenpatrone vir klein mensies om te probeer.
Doelloos in jou dertigerjare
Jongmense het soveel drome en ideale in hul twintigerjare, maar soms wag die derde dekade met minder genade. Skielik kyk jy op en is jy vas in ’n groef, maar hoe kom jy daaruit?
Lees ook: WEN ’n SKIN Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R2 700!









