Anna-Mart is waar sy wil wees
Die veel bekroonde en gewilde aktrise Anna-Mart van der Merwe, wat erken dat sy elke asemteug waardeer, se grootste passie is om die lewe sonder enige vooropgestelde idees in te drink.
Dit moet werk
Op 70 bring dr Pieter Groenewald meer as die gewone hoeveelheid ervaring na die tafel. Hy vertel oor middagete wat hy dink die drie basiese beginsels is om suksesvol in besigheid te wees, hoe hy dit toepas as die minister van korrektiewe dienste en die hoë eise wat ‘n loopbaan in die politiek aan jou stel.

Minister Pieter Groenewald en joernalis Tanya de Vente-Bijker. Foto: Henri Viljoen
Lieflike lente
Blomme vir dié lente is sag, vrolik en vroulik. Laat jou romantiese kant blom met hierdie uitrustings vir die nuwe seisoen.
Skolesport: gesond of nie?
Daar word gereeld gesê dat skole in Suid-Afrika sportmal is ten koste van kinders. Maar is ons skole se sportbeleide regtig so ongesond?
So pas my legkaart inmekaar
In ‘n wêreld vol kitsdiete bring Angelique Daubermann, beter bekend as The Lean Girl, ‘n holistiese benadering tot reg eet en gesondheid. Sy moes self leer hoe om haar gewig op koers te hou, en nou bemagtig sy ander met haar kennis en ervaring.
Vuur & vlam
Ons vier nie net ons erfenis en lente in September nie, maar ook braaidag.
‘Ek kies Suid-Afrika’
Wanneer ouers emigreer, is dit dikwels om ‘n beter toekoms vir hul kinders te verseker. Maar hoe gemaak wanneer die kinders besluit hulle wil terugkom Suid-Afrika toe?
Op die spore van ‘n meester
Carié Maas het die fout gemaak om Karel Schoeman se Titaan te lees — toe moet sy terug na Italië om nog van Michelangelo se beelde onder oë te kry.
‘n Leeftyd se mooi vel
Jou eenvoudige gids tot wat jou vel nodig het en wanneer.
Sy leef in volkleur
Dertig jaar gelede het ‘n koeël Shelley Barry se jong liggaam in dié van ‘n parapleeg verander. Dit was lewensveranderend, maar dit het haar net tydelik ontspoor. Shelley — vandag ‘n internasionaal bekroonde rolprentmaker — vertel hoe sy haar droom om rolprente te maak, verwesenlik het.
Lees ook: Scheepers se speelfilm ‘Landmyn’ belig oorgeërfde drama binne familieverband



















