kategorieë: Leef gesondGesondheid

10 terme wat almal moet ken oor bloedsuiker, insulien en diabetes

10 terme wat almal moet ken oor bloedsuiker, insulien en diabetes deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis belangrik om te weet wat hierdie 10 terme beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

10 terme wat almal moet ken oor bloedsuiker, insulien en diabetes

1. Glukose (bloedsuiker)

Jou liggaam se brandstof, wat elke sel, van jou breinselle tot jou toontjienael, benodig. Jou liggaam breek koolhidrate (brood, aartappels, rys, soetgoed) maklik af na glukose. Jy kan ook proteïene (vleis, vis, eiers) afbreek na glukose, op ’n ander metaboliese roete.

Lees ook: Het jy geweet mens kry iets soos Tipe 3 diabetes?

2. Hiperglisemie

Hoë vlak van glukose (of suiker) in die bloed – die rede waarom mense tipe 2-diabetes ontwikkel.

Lees ook: Tipe 2 diabetes en gewigsverlies

3. Hipoglisemie

Lae vlak van bloedglukose of bloedsuiker – gevaarlik vir diabete, want sonder brandstof kan jou liggaam nie funksioneer nie.

Lees ook: Wat jy van diabetes moet weet

4. Insulien

Sodra jy koolhidrate eet en afbreek na glukose, styg jou insulienvlak. Hierdie hormoon “trek” glukose in jou selle in, waar hulle dit vir energie gebruik. Tipe 1-diabete het nie insulien nie; tipe 2-diabete het insulien maar hul selle het insulienweerstandig (“onsensitief”) geraak en kan nie insulien gebruik nie.

5. Glukagoon

Jou pankreas skei hierdie hormoon af wanneer jou insulienvlak en glukosevlak te laag daal. Dit stimuleer jou lewer om meer glukose vry te stel. Saam hou glukagoon en insulien jou glukosevlak stabiel sodat jy altyd genoeg energie het.

Lees ook: Is jy op datum met diabetes?

6. Prediabetes

Jou bloedsuikervlak is bo normaal maar nog nie so hoog dat jy diabeties is nie. Jou kans op diabetes is baie hoog. Jy kan nog keer of uitstel deur ’n gesonde leefstyl te begin volg.

7. Insulienweerstandig

Jou selle verloor hul vermoë om insulien te gebruik om glukose binnetoe te trek. Jy is op pad na prediabetes en diabetes, tensy jy jou leefstyl verander.

8. Hemoglobien A1c

Dit weerspieël hoe stabiel jou bloedglukosevlakke die afgelope drie maande gebly het.

Lees ook: Is diabetes jou voorland?

9. Basale insulien

Jou basiese insulienvlak. Ons het almal altyd ’n klein bietjie insulien nodig, om ons selle te “diens”. Tipe 1-diabete moet hul basale insulienvlak bestuur deur insulien te neem.

10. Bolus-insulien

Sodra ons eet, skei jou pankreas insulien af om die koolhidrate af te breek. Dit word jou bolus-insulienvlak genoem. Tipe 1-diabete moet ook met elke ete genoeg insulien neem om ’n normale bolusvlak na te boots.

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.