kategorieë: Wenke

Hier’s die regte volgorde waarin jy jou velsorgprodukte moet aanwend

Sonette Donker is ’n professionele velterapeut van skin ID-salon. Sy vertel ons wat is die regte volgorde van jou produkte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Reinig: Maak eerste jou gesig skoon (vir ongeveer een tot twee minute om die produkte wat jy die vorige aand aangewend het, te verwyder).
2. Tonikum: net as jy een gebruik om die PH-vlakke van die vel te balanseer.
3. Serum: ’n serum is gewoonlik ’n jel-tipe formule wat gebruik word om die dieper lae van die vel te bereik.
4. Gespesifiseerde produkte: enige produkte wat vir ’n spesifieke probleem of area gebruik word (soos oog- of nekroom.) Wend dit bo-oor die serum aan.
5. Dagroom: ’n dagroom, in vergelyking met serum, is gewoonlik dikker in tekstuur en die molekules is ook groter as dié van serum, dus sal jou dagroom nie so diep penetreer soos die serum nie. Die dagroom werk op die boonste lagies van die vel en dien ook as beskerming.
6. SBF: wend altyd jou sonbeskerming laaste aan, na jou dagroom en voor jou onderlaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Aand

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Reiniging: reinig jou vel vir minstens twee minute om seker te maak jy verwyder al die produk-lagies en olie. “Ek hou daarvan om sommer ’n reiniger en afskilferaar in een te gebruik, so maak ek dubbel seker my vel is skoon” sê Sonette.
2. Tonikum: indien jy een gebruik.
3. Serum: veral produkte soos retinol wat jy in die aand kan gebruik.
4. Gespesifiseerde produkte: bv. vogroom.
5. Gesigolie: indien jy een gebruik.
6. Nagroom

*Onthou jou velroetine moet by jou leefstyl pas, hierdie is basisese riglyne wat die effektiwiteit van produkte sal bevorder, sê Sonette.

Lees ook: WEN velsorgprodukte van Lamelle se Nourish-reeks ter waarde van R 2025!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.