10 wenke vir ’n suksesvolle CV en werksaansoek

10 wenke vir ’n suksesvolle CV en werksaansoek deur Anet Schoeman. Hierdie artikel skakel aan die artikel: Stel ’n digitaal-vriendelike CV op

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is 10 slim wenke vir ’n suksesvolle CV en werksaansoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

10 CV-sondes wat jy nie moet pleeg nie

1. Sit ’n onderwerp by

As jy by ’n groot maatskappy om ’n posisie aansoek doen, is die kanse goed dat hulle ook ander posisies adverteer. As jou aansoek net “werksaansoek” in die onderwerpreël het, kan dit misgekyk word omdat dit nie dadelik na die regte departement gestuur word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Kry jou feite reg

Dit kan na basiese inligting klink, maar dis waar baie aansoekers klei trap. Lillian sê werkgewers kry daagliks CV’s wat aan ’n ander organisasie gerig is wat ook poste adverteer. Maak doodseker van alle feite oor jou posisie, asook die maatskappy se naam, en kry ’n tweede paar oë wat dit sorgvuldig nagaan.

3. Maak dit uniek

As jy by meer as een maatskappy en om verskeie posisies aansoek doen en vir almal ’n generiese CV stuur sonder om dit spesifiek aan te pas, gaan jy nie uittroon nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Google die maatskappy en probeer verstaan hoekom jóú bydrae vir hulle ’n voordeel gaan inhou. Pas jou dekbrief aan sodat dit duidelik is dat jy die moeite gedoen het om oor jou rol in die maatskappy na te dink.

4. Eerste indrukke tel

Onthou, jou CV is die eerste en enigste indruk wat die maatskappy van jou het. Dis amper soos jul eerste ontmoeting. Jy wil hê jou CV moet die beste indruk moontlik maak, want as dit nie perfek is nie, kan die maatskappy jou met reg op dié baadjie takseer.

Is daar spel- en taalfoute, is dit volledig, en is alle relevante feite en ervaring gegee? Hulle kan wonder of jy professionele werk kan lewer as jy nie eens die moeite doen om jou CV perfek reg te kry nie.

Kyk na jou CV asof jy die hoof van daardie maatskappy is en vra jouself af of jý vir jouself die werk sou gee as jy die baas van die plaas was.

5. Wees eerlik

Kierankies sal braai. Moenie in die versoeking kom om die waarheid effens te rek om jou CV blink te poets nie. Bestuurders wat aansoeke hanteer, is opgelei om onwaarhede uit te snuffel. Al word jy nie met die intrapslag betrap nie, gaan jy heeltyd oor jou skouer loer en wonder wanneer dit gaan gebeur.

Vul eerder die leemtes in jou kwalifikasie deur vir ’n korrespondensiekursus of korter kursus in te skryf terwyl jy op ’n aanstelling wag.

6. Doen iets

Net soos jy graag die droomwerk wil hê, is ’n maatskappy ook op soek na ’n droomkandidaat. Jy gaan nie soos een lyk as jou CV toon dat jy twee jaar gelede graad gekry het en sedertdien by die huis gesit en niks doen het nie. As jy nie werk kry nie, doen iets om persoonlik te groei of leer iets nuuts aan. Doen vrywillige diens in jou gemeenskap, gee ekstra lesse vir skoliere of studente, of leer ’n nuwe vaardigheid aan. Dit gaan die vaal kolle op jou CV vul, maar dit kan ook ’n deur oopmaak vir ’n toekomstige werk.

7. Is dit volledig?

As vyftig mense om ’n posisie aansoek doen en jy het nagelaat om verwysings van vorige aanstellings in te sit, is die kans skraal dat iemand die moeite gaan doen om jou te bel en daarvoor te vra. Moet niemand die geringste geleentheid gee om die delete-knoppie te druk nie.

8. Maak werksoek ’n werk

Moenie terugsit en hoop op die beste ná jy aansoeke uitgestuur het nie. Beskou jou soektog as ’n werk en bly daagliks op die uitkyk na nuwe moontlikhede. Sit elke dag tyd opsy wanneer jy aktief na werk uitkyk en aansoek doen om posisies waarvoor jy kwalifiseer.

9. Is jou CV digitaal-vriendelik?

Omdat meeste werkaansoeke deesdae elektronies is, kan jou CV maklik in die hek duik as dit nie in die regte formaat opgestel is nie. Loer hier om meer uit te vind hoe om ’n digitaal-vriendelike CV te skep.

10. Hou moed

Bly positief en hanteer elke aansoek met trots asof dít die een is wat gaan werk. Onthou, almal moes een of ander tyd onder begin.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

20 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.