kategorieë: DrankiesKos

11 Jenewers waarvan jy moet weet

10 Jenewers waarvan jy moet weet. Deur Anélle Tewson

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

I am Khanyi Millennial Shimmer Gin

I am Khanyi is die gees van Khanyi Mbau in ’n bottel. Die Suid-Afrikaanse aktrise, televisie-aanbieder en kunstenaar se jenewer is vol kleur, unieke vonkel en gees. Skud die bottel en kyk na die glinsterspel van lig en skakerings van pienk wat dans. Roosmalva, pomelo, koljander, amandel en peper komplementeer die jenewer-en-sitrusgeure. I am Khanyi Millennial Shimmer Gin kos sowat R399.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

CopperFox Premium Botanical Gin & Tonic

CopperFox Premium Botanical Gin & Tonic is trots op die natuurlike elemente wat wêreldwyd gaan haal is sodat jy ’n uitmuntende G & T kan skink. Die jenewer bevat Afrika-plante soos fynbos, boekenhout, roosmalva en sitrus. Die neus word deur heuningbos, jenewerbessie en speseryagtige blomme gelei. CopperFox Premium Botanical Gin & Tonic kos sowat R139 vir vier bottels.

Autograph Gin

Autograph Gin word in Stellenbosch gemaak. Die jenewer het ’n uitsonderlike smaak wat verkry word deur die vermenging van plante en fynbos wat deur meesterdistilleerders gekies word. Die plante groei op die perseel en word met die hand gepluk. Die jenewer is in 2018 by die Michelangelo International Wine and Spirits Awards in Kaapstad as die “Top Scoring Craft Gin” van 2018 aangewys. Autograph Gin kos sowat R520.

Muti Gin

Muti Gin is geïnspireer deur plantgeneesmiddels en ons Afrika-tradisies. Die jenewer word van die varsste umuthi (boom) gemaak. Ryk, kompleks en verfrissend. Die twee vernaamste fynbos wat gebruik word, is ghô-kum en kusmalva. Dit het aromatiese note van jenewerbessie, suurlemoenskil en koljander wat oopmaak in ’n souterige olyfeinde. Die aanvanklike kruierige, maar soet smaak gee diepte aan die vars, vrugtige en sitrusgeure. Muti Gin kos sowat R499.

Indlovu Gin

Indlovu Gin is ’n handgemaakte, gedistilleerde jenewer wat dubbel gegeur is met jenewerbessies, en waarin olifantmis ook gebruik word. Baie beslis ’n eerste ter wêreld! Die plante wat daarin gebruik word, word selektief deur olifante geëet. Dit word dan uit die olifantmis onttrek en skoongemaak vir die geurproses. Indlovu Gin kos sowat R659 per bottel en is beskikbaar via yuppiechef.

Sugarbird Gin Eggs Gift Pack

Hierdie oulike botteltjies jenewer is spesiaal vir Paasfees ontwerp om soos ‘n houertjie paaseiers te lyk. Daar is 3 heerlike geure in hierdie pak: Sugarbird Cape Fynbos Gin, Sugarbird Juniper Unfiltered en Sugarbird Pink Pelargoniam. Die stel kos sowat R169.99 en is net beskikbaar by Pick n Pay Liquor.

Aviation American Gin

Aviation American Gin word in klein hoeveelhede met die hand gemaak by die distilleerdery in Portland, Oregon. Aviation was die eerste van die toenemend gewilde New Western droë jenewers. Hollywood-akteur Ryan Reynolds het so baie van die handelsmerk gehou dat hy ’n aandeel in die maatskappy gekoop het. Dit is die beste jenewerverkoper in Amerika. Aviation American Gin kos sowat R450.

Hayman’s of London Gin

Hayman’s of London Gin is ’n ware Engelse “London Dry Gin”. ’n 150-jarige familieresep van net tien plantbestanddele word gebruik om dié jenewer te maak. Dit is ’n klassieke, gebalanseerde jenewer met vars sitrus, subtiele note van eksotiese speserye en die merkwaardige diepte en kompleksiteit wat tradisioneel met die London Dry Style verbind word. Hayman’s of London Gin kos sowat R330.

Drumshanbo Gunpowder Irish Gin

Drumshanbo Gunpowder Irish Gin gebruik plante uit Asië en Ierland en die jenewer word in ’n Middeleeuse koperpot gedistilleer. Van die plante wat gebruik word, is onder meer: steranys uit China, koljandersaad uit Roemenië, engelwortel uit Duitsland, karwysaad en kardemom uit Indië en jenewerbessies uit Macedonië. Nog vier plante word dan by die dampmandjie gevoeg, onder meer suurlemoen uit China en pomelo’s uit Indonesië. Drumshanbo Gunpowder Irish Gin kos sowat R399.

Malfy Gin Rosa

Malfy Gin Rosa: Jenewerbessie, pomeloskil en rabarber word 36 uur lank in Italiaanse graanspiritualieë geweek, wat die pragtige roospienk kleur gee. Die  infusie word dan gemeng met ’n tweede distillaat van jenewerbessie, koljander, suurlemoenskil, lemoenskil en engelwortel voor dit met suiwer fonteinwater van die Rocce Azzurre-fontein in die Monviso-berg in die Alpe gemeng word. Die bottel is met tradisionele Italiaanse glasverftegnieke versier. Malfy Gin Rosa kos sowat R419.

Brooklyn Gin

Brooklyn Gin is ’n outentieke, super-premium jenewer  wat in klein hoeveelhede handgemaak word. Onder meer word vars (nie gedroogde) jenewerbessies, laventel, kakao en koljander gebruik. ’n Vars en komplekse jenewer. Die handgemaakte bottels word met die hand gevul, gekurk en geëtiketteer. Brooklyn Gin kos sowat R700.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.