kategorieë: Ons menseBekendes

Game of Thrones 101: Alles wat jy moet weet

Game of Thrones 101: Alles wat jy moet weet deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Game of Thrones is beslis enig in sy soort en jy gaan lank en hard soek na ’n ander met so ’n komplekse web van intrige, romanse, drama en konflik. Om nie eers te praat van die honderde karakters nie! Met miljoene toegewyde aanhangers wêreldwyd, 47 Emmy-toekennings, 8 seisoene, 7 koninkryke, 3 drake, 1 troon en ʼn onbeperkte leër van “White Walkers”, het Game of Thrones in 2016 die reeks met die meeste toekennings in geskiedenis geword.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons moet erken: dit kan vreeslik uitputtend wees om tred te hou met wie nou eintlik wie se familie (en waarom!) wil uitwis. En vir mense wat nie die boeke gelees het nie, is daar eintlik baie min agtergrond of konteks.

Westeros, die fiktiewe land, se geskiedenis dateer duisende jare terug, en dit kos kophou om by te hou by al die karakters en gebeure deur. Maar moenie stres nie, dis waarom ons hier is! Hier is jou kitsgids oor GoT.

Oukei, so waaroor gaan dit?

Game of Thrones speel af op die fiktiewe vastelande van Westeros en Essos en volg konflik onder magtige mededingende koninklike families vir die opvolging van die Ystertroon van die Sewe Koninkryke, terwyl ander adellike families veg vir die onafhanklikheid van die troon. Die konings en koninginne, ridders en afvalliges, leuenaars en eerlikes speel ’n dodelike spel om die sewe koninkryke van Westeros te beheer en uiteindelik op die troon te sit.

Terwyl almal in die sewe koninkryke veg vir die Ystertroon, groei die Leër van Dooies stadig maar seker in getalle en hul onstuitbare poging om die mensdom te oorwin se tempo versnel. Al wat in hul pad staan, is die Night’s Watch en ons onverskrokke held, Jon Snow.

via GIPHY

Wag ’n bietjie, wie is die twee magtigste families?

Die Starks en die Lannisters! Die Targaryens was eens ook ’n magtige familie, maar is voor die tyd wat die reeks afspeel, amper heeltemal uitgewis. Dit keer hulle egter nie om weer te probeer om hul voormalige magsposisie in te neem nie …

En wat is die Night’s Watch?

Die Night’s Watch is ’n antieke orde van soldate wat die verre noordelike grense bewaak teen die ‘wildlings’ wat buite die muur woon. Gerugte wil dit boonop hê dat daar nog groter gevare is as die ‘wildlings’, soos die geheimsinnige leër van wandelende dooies wat dreig om die mensdom te vernietig.

Waar het dit alles begin?

Aan die begin van die reeks het kykers gesien hoe Meester Eddard Stark, die bewaarder van die Noorde (die grootste koninkryk in Westeros), deur sy vriend, Koning Robert Baratheon, gevra word om sy regterhand te wees. Die twee mans het ’n lang geskiedenis saam aangesien hulle langs mekaar geveg het waartydens Aerys II Targaryen (ook bekend as Mad King) vermoor is deur Jaime Lannister (een van sy ‘Kingsguard‘). Robert, as leier van die rebellie, het sy troon oorgeneem.

Dit is juis in dié konflik waar die slagorde, alliansies en wrokke in Game of Thrones ontstaan.

Nadat Eddard besluit het om sy hele familie na King’s Landing te skuif, het hy besef dat daar gevaar en bedrog rondom elke hoek en draai wag.

In King’s Landing besef Eddard dat Koning Robert Baratheon deel is van ’n skokkende geheim waarby koningin Cersei Lannister betrokke is, en dreig hy om dié skandaal wat koningin Cersei en haar familie kan omverwerp, te ontbloot.

Soos Cersei sê: “As jy die spel van trone speel, wen jy of jy sterf,” en teen die einde van Seisoen 1 sal jy presies weet hoekom.

Gelukkig vir jou is die eerste 7 seisoene van dié boeiende reeks beskikbaar op Showmax, en hoef jy nie te lank te wag om ook deel te wees van die Game of Thrones-opwinding nie!

Maar wat van die Targaryens?

Nadat hy al sy vyande met ’n wilde vuur gedreig het, het Mad King baie vyande gemaak. Daarom het Robert Baratheon sy bes gedoen om al die Targaryen-erfgename dood te maak.

Maar Robert het misluk omdat die kinders van Huis Targaryen veilig in ballingskap in Essos gewoon het. Nadat hulle op dié veilige plek grootgemaak is, begin Daenerys en haar broer, Viserys Targaryen, hul poging om die Ystertroon te herwin.

Maar hoe kan hulle dit doen sonder ’n leër, ondersteuning en finansies?

Wel, met die hulp van ’n nomadiese weermag wat as die Dothraki bekendstaan, begin Daenerys stadig ’n weermag versamel, maar die ware keerpunt kom in die vorm van haar trougeskenk – drie draakeiers.

Lees ook: Emilia Clarke, wat Daenerys vertolk, vertel oor haar ervaring met lewensbedreigende brein-aneurismes

En die gunstelingfamilie – die Starks?

Sonder om te veel weg te gee van die Game of Thrones-nuwelinge is die Stark-kinders almal verplig om in hulle eie rigting te gaan. Hier is wat jy moet weet van die Starks!

Robb Stark

via GIPHY

Robb Stark is die oudste seun en almal se gunsteling! Hy is sterk, intelligent en lojaal, maar in ’n wrede wending van die noodlot word hy gedwing om die opstand teen die verraderlike Lannisters/Baratheons te lei. Spoiler alert! Die reeks se skeppers is beslis nie bang om ontslae te raak van hul helde nie …

Arya Stark

via GIPHY

Arya taai, onafhanklik en wraakgierig. En anders as haar suster, Sansa, geniet Arya dit vreeslik om te veg en word deur haar dors vir wraak gedryf.

Sansa Stark

via GIPHY

Aan die begin van die reeks is Sansa ’n tipiese klein dogtertjie wat net droom oor haar beplande huwelik met ‘n prins, Joffrey Baratheon. Dit is nie lank voordat haar drome in ‘n nagmerrie verander nie, en ten spyte van ‘n slegte reis, neem Sansa uiteindelik beheer en word sy een van die sterkste en slegste karakters.

Jon Snow

via GIPHY

Die buite-egtelike seun van Eddard Stark, Jon Snow (bekwaam, slim en lojaal), moet voordurend veg vir alles wat hy in die lewe wil hê. Jon het besluit om sy geluk op te offer en in die Night’s Watch te dien.

Jon se goeie leierseienskappe, sterk persoonlikheid en dapperheid sorg dat hy vinnig opgang maak en in die Night Watch-rangorde  styg, maar ‘n reis buite die muur blyk om op meer as een manier noodlottig te wees.

Nadat hy deur die wildlings gevang geneem is, raak hy verlief op een (genaamd Ygritte) en wen op die manier uiteindelik hul vertroue. Maar omdat Jon getrou is aan die Night Watch, verdedig hy uiteindelik Castle Black teen ‘n formidabele beleg deur die wildlings.

Tog is Jon een van die min karakters wat die verskriklike waarheid ken: die leër van die dooies is op pad, en die koninkryk van die mense sal nodig hê om te verenig om teen die dooies te veg.

Kyk hier na die amptelike lokprent van die agtste seisoen van Game of Thrones

En die agtste seisoen?

Dit agtste seisoen begin waar die sewende seisoen geëindig het – die leër van die dooies het die muur oorgesteek en reeds hulle weg tot by Winterfell gevind.

Die trio (oorblywende drie Starks) staar na standbeelde van hulself, wat dalk (maar dalk ook nie) kan beteken dat hulle eintlik dood is.

Die storielyn van die eerste episode van die agste seisoen …

Entertainment Weekly het berig dat die eerste episode in Winterfell plaasvind. Dit bevat heelwat verwysings na die eerste episode van die eerste seisoen met Daenerys (Emilia Clarke) en haar weermag se aankoms by die Starks se familie-woning. Maar Daenerys, wie se verskyning by Winterfell lyk asof dit vir Sansa Stark (Sophie Turner) behoorlike besig hou, is nie die enigste nuwe gesig in die noorde nie… Karakters wat ons nog nooit ontmoet het nie, sal saam met karakters met komplekse geskiedenis voorberei vir die leër van die dooies en langs mekaar veg om die mensdom te red.

Die laaste stryd sal groter en meer epies wees as wat ons in ons wildste drome kon voorstel:

Die finale geveg met die leër van die dooies is die grootste en mees volgehoue aksietoneel wat nog ooit vir enige TV-reeks of film verfilm is, met ’n hele episode onder leiding van Miguel Sapochnik (die man agter die “Battle of the Bastards”)  wat aan onophoudelike aksie gewy word. Dit het ’n ongelooflike 55 nagte geneem om slegs die gevegtonele by Winterfell te verfilm, gevolg deur weke in die ateljee om die redigeerwerk te vervolmaak. En soos altyd met Game of Thrones, sal daar heelwat ander kinkels wees, met die fokus wat verskuif na verskillende karakters tydens verskillende hoogtpunte in die geveg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.