Margaret se Wêreld: Op die stel van Rocketman

Margaret se Wêreld: Op die stel van Rocketman deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verlede Oktober was dit ysig in Londen. Dit het heeldag in Windsor gereën en die gras en bome was welig en groen.

Die uitsig van die salon by Oakley Court waar ek drie heerlike botterbroodjies geëet het. En nee, ek voel glad nie skuldig nie, dit was heerlik!

Vroeër die dag het ons tee en skons geniet by Oakley Court, ’n pragtige hotel op die uitgestrekte gronde langs die rivier. Dit was naby die filmstel en was gerieflik en privaat. Daarna is ons na die boothuis om onderhoude te voer met Taron Egerton wat die hoofrol in Rocketman, wat later vanjaar uitgereik gaan word, vertolk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret se Wêreld: Haal net asem!

Ek ag botterbroodjies met room en aarbeikonfyt as ’n eg Suid-Afrikaanse tradisie, en ek het sommer 3 op een slag geëet!

Rocketman word nie in die styl van Bohemian Rhapsody vertel nie. Dit is nie ’n biografiese rolprent nie, maar ’n fantasie-musiekspel, wat die belangrike vormingsjare van Elton John se lewe uitbeeld. Taron, wat jy dalk sal onthou van Kingsman-faam, is ’n opkomende ster. Hy is Wallies en het ’n wonderlike geaardheid. Ek het hom die eerste keer ’n paar jaar gelede by Comic-Con tydens ’n promosie vir Kingsman ontmoet en dadelik geweet dat hy ’n ster in wording was.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die dinge wat mense soms kwytraak …

Ek het tydens een van die pouses buite in die reën gehardloop en my hakke opgeskop in die hoop dat ’n agent my sou raaksien en ’n rol in ’n musieknommer sal aanbied!

Klaarblyklik kan hy ook sing! Vir diegene wat nie weet nie, hy was die stem van Johnny in die geanimeerde rolprent, Sing. Tydens ’n besoek aan die stel van Robin Hood in Hongarye het Jamie Foxx spontaan kommentaar gelewer op Taron se stem. “Ek het hierdie stem gehoor en gewonder wie dit was – Taron kan regtig sing!” Uit die mond van Foxx, wat self bekend is vir sy sangstem, is dit ’n kompliment en ek kan nie wag om te hoor wat Egerton in die rol gaan doen nie. Dit bring my terug na die reën op ‘n koue Britse nag.

Het jy geweet? Margaret het ’n YouTube-kanaal waar sy met bekendes onderhoude voer. Loer hier en volg haar gerus.

Taron Egerton as Elton John in Rocketman van Paramount Pictures.

Toe ons uit die bus klim, was ek dankbaar ek het twee pofbaadjies oor my trui aan, ‘n kasjmierserp en nog ’n swaar baadjie bo-oor alles aangehad. Ook handskoene, reënstewels, en ’n warm mus onder die kappie van my swaar jas. Reg vir die weer!

Lees ook: Margaret se Wêreld: Só herstel ek na die partytjieseisoen

  1. Groot, sagte serp, R399, Zara
  2. Oorbelle, R249, Zara
  3. K-Way dons-pofbaadjie, R1 699, Cape Union Mart
  4. Country Road Skinny Jean, R799, Woolworths
  5. Maya rolnektrui, R899, Forever New
  6. Mat swart reënskoene, R2 599, Superbalist
  7. Handskoene, R160, Woolworths
  8. Parka met valspelsafwerking, R899, Woolworths

Op pad na die stel van Rocketman in Windsor

Die reënwolke het swaar gehang toe ons oor die kabels na die treilers moes stap. Daar was oral mense. Jy sou verwag het dat mense op so ’n koue nag binnenshuis sou wees, maar op stel van Rocketman was dit tyd om te werk.

Die atmosfeer was soos die van ’n karnaval en ’n mens het gevoel jy kan ’n rit by een van die stalletjies neem. Alles was kleurgekoördineerd en dansers was besig om in die vriesende temperatuur op te warm.

’n Man en vrou, wat lyk na ’n gewone paartjie van ’n paar dekades gelede, oefen hulle passies en die man lig die vrou op. Haar torso en heupe vorm ’n boog weg van hom as hy haar deur die lug swaai voor sy weer land. Dan doen hulle die volgende passies. Dit is pragtig. En bisar. Die kollig skep helderheid in my vlugvoos-brein

Lees ook: Margaret se Wêreld: Hoe ek reis

Die uitsig vanaf die boothuis, waar ons met Taron Egerton gesels het.

‘Stilte!’ kom die aankondiging oor die luidsprekers en almal raak stil. Ekstras en dansers haas hulle na hul plekke. Vir ’n sekonde kan jy ’n speld val, dan kom die word, ‘Aksie’, en alles verander in ’n kakofonie van musiek, dans, aktiwiteit en liedjies.

Dit is ’n GROOT nommer, met baie afdelings en almal wat presies weet wat om te doen. Een fout en al die honderde mense sal van voor af moet begin. Ek vergeet van die koue. Ek vergeet van die vlugvoosheid. Dit is nege-uur en ek is reeds sedert vieruur die oggend op.

Ek is stil as die magiese toneel voor my oë ontvou om ’n bekende Elton John-treffer uit te beeld.

Lees ook: Margaret se Wêreld: In gesprek met Idris Elba

Taron Egerton as Elton John in Rocketman van Paramount Pictures.

Ons het ook die kostuumdepartement besoek waar baie van Elton se ikoniese uitrustings herskep is. Hy het selfs van sy eie memorabilia geskenk.

Ons mag poseer by sy spesiale sonbril-versameling voor ons na ’n tent gaan om met die vervaardiger en regisseur te gaan praat.

Hulle het tyd in hul druk skedule gemaak om oor tegniese vaardighede te praat en ook oor hoe Taron die pop-ikoon uitbeeld.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal “bad hair days

Ek neem vinnig ’n foto terwyl ons vir Taron wag om op te daag. Oomblikke later bars hy by die deure in om in die warm vertrek met ons te gesels.


Op pad terug in die bus dink ek terug aan die dag en wat ek alles ervaar het. Die gesprek met Taron oor die druk daarvan om so ’n bekende karakter uit te beeld. Sy aangename persoonlikheid ondanks die druk van die verfilming. Die skouspel van die stel. Die kostuums. Ek kan nie wag om dit te sien nie. Dit is ‘n oordadigheid van fantasie en musiek – net soos Elton John.

Sonbrille van Rocketman. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.