kategorieë: Bekendes

14 Dinge wat jy dalk nie van Ed Sheeran geweet het nie

14 Dinge wat jy dalk nie van Ed Sheeran geweet het nie!Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Rexfeatures/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die sanger en liedjieskrywer, Edward Christopher Sheeran (beter bekend as Ed Sheeran) is ’n musikale wunderkind wat sedert die begin van sy loopbaan baie vinning in die wêreld se harte ingekruip het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ed het in 2012 bekendheid verwerf nadat hy ’n konsert geopen het vir ’n goeie vriendin – die uiters gewilde Taylor Swift.

Sedertdien het hy internasionale sukses bereik, drie bekroonde albums vrygestel, klein rolletjies in gewilde TV-reekse gespeel en met groot name in die vermaaklikheidsbedryf gewerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ed Sheeran besoek ons vandeesmaand hier in Suid-Afrika vir sy Divide-toer en daarom het ons besluit om ’n paar lekker feite oor hom te gaan opsoek.

Hier is 14 dinge wat jy dalk nie van Ed Sheeran geweet het nie

1. Ed Sheeran is nie net ’n bekroonde sanger nie, maar ook ’n uiters suksesvolle liedjieskrywer.

Bo en behalwe vir al die liedjies op sy verskeie albums, het Ed ook vantevore sy skryfvaardighede met hope ander kunstenaars gedeel. Ed het help skryf aan One Direction se suksesvolle liedjie “Moments” op hul debuutalbum wat in November 2011 vrygestel is. Hy was ook medeskrywer van Taylor Swift se liedjie “Everything Has Changed”, Justin Bieber se liedjie “Love Yourself”, Rudimental se “Lay It All On Me”, Tori Kelly se “I Was Made For Loving You” en Jessie Ware se “Say You Love Me” – om maar net ’n paar te noem!

2. Al sy kitare het name!

Hulle name is: Lloyd, Felix, Cyril, Trevor, Keith, Nigel en James The Second.

3. Hy het al die vloekwoorde uit sy tweede album “X” gehaal omdat ’n taxibestuurder vir hom gevra het om dit te doen.

“X” het oorspronklik hier en daar ’n paar eksplisiete woorde ingehad, maar is op die ou einde heeltemal vloekwoord-vry vrygestel. “Ek het al die eksplisiete lirieke uitgehaal nadat ’n taxibestuurder my oortuig het om dit vir sy dogter te doen,” het Ed Sheeran in ’n artikel openbaar.

4. Ed het eenkeer as ’n verjaarsdaggeskenk ’n Barbie-pop gekry.

Dié geskenk was van sy broer, Matthew, af. En nee, hy het nie daarvoor gevra nie!

5. Ed Sheeran is een van slegs ’n handjievol mense regoor die wêreld wat ’n Nando’s-Swartkaart besit!

Daar word berig dat Ed Sheeran met trots ’n Nando’s-Swartkaart besit. Hy is een van ’n paar gelukkige individue op aarde wat met só ’n kaart kan spog.

Dié spesiale lojaliteitskaart bied vir sy lede en tot vier van hul vriende toegang tot ’n voorgereg, hoofgereg, nagereg én ’n koeldrank – verniet! Dit beteken onbeperkte gratis Nando’s, enige tyd, enige plek …

Daar word beweer dat ander bekendes met toegang tot dié kaart Zayn Malik, Andy Murray, David Beckham, Ricky Gervais, JLS, Pixie Lott en Oprah Winfrey insluit

6. Nando’s het spesiaal vir Ed Sheeran ’n sous geskep!

Nadat daar ʼn foto van Ed op sosiale media versprei is waar hy die gesogte Nando’s-Swartkaart vashou, het Nando’s besluit om vir hom sy eie peri-peri sous met die naam “Ed’s Peri-Peri Sauce” te skep.

7. Ed en sy lyfwag het ʼn ernstige “bromance” aan die gang!

Ed se lyfwag, Kevin Myers (beter bekend as Security Kev), het ’n Instagram-profiel geskep waarop hy graag hulle tye saam met die wêreld deel. Dit blyk dat die twee ’n baie goeie verhouding het en albei beslis ’n goeie sin vir humor het.

Kevin verwys gereeld na Ed Sheeran as sy “bae” en hy sorg gereeld vir ’n gegiggel met sy vreemde plasings.

8. Ed Sheeran is verloof!

Ed en sy jarelange vriendin, Cherry Seaborn, het einde 2017 verloof geraak. Hy het dié nuus reeds vroeg in 2018 op sy Instagram-profiel met sy aanhangers gedeel. Die twee het by die Thomas Mills High School in Framlingham ontmoet en is sedertdien nog altyd goeie vriende gewees.

9. Ed het ’n tamatiesous-obsessie!

Ed Sheeran is na bewering ’n groot aanhanger van Heinz se ikoniese tamatiesous. Hy het selfs ’n tatoeëermerk van ’n tamatiesousbottel op sy arm, en gaan altyd op toer met sy eie versameling tamatiesouse.

Hy het na bewering gesê dat, as hy ooit eendag as premier gekies word, hy tamatiesous verpligtend sal maak “by alle plekke met skyfies”.

10. Ed het in Game of Thrones verskyn!

Ed Sheeran het ’n kort kameerol in die eerste episode van die sewende seisoen van die gewilde reeks, Game of Thrones, gehad

11. Die meeste van Ed Sheeran se liedjies is gebaseer op ware gebeurtenisse

Net soos sy goeie vriendin, Taylor Swift, is Ed ook bekend daarvoor om diep, tragiese, poëtiese en wonderlik hoopvolle liedjies te skryf oor die dinge wat in sy lewe gebeur.

Byvoorbeeld “Small Bump” was ’n liedjie wat hy geskryf het oor een van sy goeie vriende se verlies van hul ongebore kindjie.

Sy baie suksesvolle liedjie “A Team” wat hy saam met Elton John by die Grammy-toekennings in 2013 uitgevoer het, handel oor ’n hawelose dwelmverslaafde wat Ed eenkeer tydens een van sy vertonings by ’n skuiling vir haweloses ontmoet het.

Hy het ook al ’n liedjie vrygestel oor sy gebroke hart toe hy uitgevind het dat Ellie Goulding hom bedrieg het met die One Direction-sanger Niall Horan.

12. Ed Sheeran is deur Taylor Swift “ontdek”!

Daar word beweer dat Taylor Swift na Ed Sheeran uitgereik het nadat sy per ongeluk op sy musiek afgekom het tydens een van haar toere deur Australië in Maart 2012. Sy het hom gekontak en hy het haar aanbod aanvaar om saam met Taylor op toer te gaan tydens haar suksesvolle Red-toer.

Soos ons teen hierdie tyd al weet het Ed selfs help skryf (en sing) aan Taylor Swift se gewilde liedjie, “Everything Has Changed” wat in Oktober 2012 vrygestel is. Hulle is tot vandag toe goeie vriende en geniet dit om saam te werk.

13. Hy het baie tatoeëermerke.

Jy’s reg! Almal weet dit, maar watter tipe tatoeëermerke het hy alles?!

Ons weet nou al almal dat Ed Sheeran baie tatoeëermerke van baie vreemde en uiteenlopende dinge het. Die meeste van sy tatoeëermerke kom op sy arms voor, maar elkeen het ’n spesiale betekenis vir hom, of verwys na ’n suksesvolle oomblik in sy loopbaan.

In sy sleeve van tatoeëermerke is daar onder andere ’n tamatiesousbottel, ’n koppie tee, die woord “Prince” wat verwys na sy groot liefde vir die 90’s televisiereeks “The Fresh Prince Of Bel-Air”, die “Puss In Boots”-karakter, die term “Festina Lente”, sy familie-stamboom, ’n gedeelte van Van Gogh se “Starry Night”-skildery, en ’n eerbetoon aan Taylor Swift in die vorm van ’n Red-tatoeëermerk. Dié tatoeëermerk was sy manier op vir Taylor dankie te sê vir die groot rol wat sy in sy loopbaan gespeel het.

14. Ed Sheeran is self ’n tatoekunstenaar

Ed Sheeran is deur die tatoekunstenaar, Kevin Paul, geleer hoe om tatoeëermerke op ander se lywe aan te bring. Ed het selfs al ’n kans gekry om op ’n paar van sy goeie vriende (onder andere Harry Styles) te oefen. Wie sou dit nou ooit kon raai?

Ed Sheeran is beslis ’n man van vele talente, en ons kan nie wag om hom hier by ons in Suid-Afrika te ontvang nie – hy het vertonings op 23 Maart by die FNB Stadium in Johannesburg en 27 Maart by die Cape Town Stadium in Kaapstad.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.