kategorieë: Bekendes

14-jarige van SA wen ’n Paralimpiese-medalje

Dit is ’n verhaal van hoop en inspirasie. Die Suid-Afrikaanse atleet Ntando Mahlangu, wat Sondagaand ’n silwermedalje in die 200 m vir mans (T37) by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen het, se bene is vier jaar gelede (2012) geamputeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mahlangu is met hemimelie gebore en het daarom onderontwikkelde ledemate. Nadat hy sy lewe lank in ’n rolstoel was, is sy bene op 10-jarige ouderdom geamputeer en moes hy leer loop. Hy het byna onmiddellik kunsbene (met lemme) gekry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mahlangu se tyd van 23.77 sekondes het hom die tweede plek verseker, terwyl David Henson van Brittanje derde geeïndig het in ’n tyd van 24.74 sekondes en Richard Whitehead (ook van Brittanje), se tyd van 23.39 sekondes hom die goue medalje laat wen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terwyl Mahlangu eintlik die 400 m verkies, het hy bewys dat hy net so vinnig is in die 200 m. Hy het aan iol.co.za gesê dat hy lief is daarvoor om te hardloop en dat hy geweet het hy kon die 200 m goed hardloop sodra hy sy ritme kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In nog Paralimpiese nuus …

Die atlete Charl du Toit, Ilse Hayes en Fanie van der Merwe het Sondagmiddag drie medaljes vir Suid-Afrika ingepalm. Dit beteken span SA het tot op hede 6 medaljes by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen.

Charl du Toit het vroeër die week sy eie wêreldrekord gebreek in die 100 m vir mans (T37) met ’n tyd van  11.42 sekondes. Hy het Sondagmiddag die finale ronde gewen in ’n tyd van 11.45 sekondes.

Du Toit se spanmaat, Fanie van der Merwe, het in dieselfde item derde geeïndig met ’n tyd van 11.54 sekondes.

’n Rukkie later het die naelloper Ilse Hayes die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword wat ’n medalje by die 2016 Paralimpiese Spele wen. Hayes het tweede geeïndig in die 100 m vir vroue (T13) in ’n tyd van 11.91 sekondes.

Lees ook hier wie vir die eerste twee medaljes verantwoordelik was.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.