kategorieë: Sukses en geldJou lewe

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Hoe om te spaar op jou versekering deur Anet Schoeman. Inligting verskaf deur Johan van Greuning, hoof van Standard Insurance Limited by Standard Bank. Hierdie artikel het oorspronklik in die November 2015-uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spaar op jou versekering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou huis

1. Goeie sekuriteit is goedkoper

Hoe beter jou sekuriteit, hoe goedkoper jou versekering. Bring diefwering, sekuriteitshekke en elektriese drade aan en koppel jou alarm aan ’n gewapende reaksie-eenheid.

2. Self-verseker hierdie items

Self-verseker items soos jou skootrekenaar en selfoon wat maklik gesteel word: spaar geld tot jy die vervangingswaarde bereik en trek dan rente daarop in die bank.

3. Instandhouding is belangrik

Hou instandhouding op jou huis op datum. As jy skade het weens verwaarlosing, kan die versekering weier om uit te betaal.

4. Kry ’n kluis hiervoor

Bêre kosbare juwele wat jy nie dra nie in ’n kluis, of by die bank, eerder as om dit te verseker.

5. Wees slim hiermee

Wees verstandig: As jy huishoudelike versekering uitneem, moet jy ’n waarde aan jou huishoudelike items heg. As jy dit vir R100 000 verseker, maar dis eintlik R200 000, gaan die versekering net
50% van jou eis uitbetaal.

6. Rooksensors is ’n moet

Rooksensors is goedkoop en is ook ’n veiligheidsmaatreël.

7. Sit dit af!

Skakel jou geiser af as jy op vakansie gaan. Jy spaar elektrisiteit, maar dit keer ook moontlike skade as jou geiser sou bars. Vra ’n loodgieter om ’n pan onder jou geiser te installeer met ’n uitlaat wat water na buite sal lei, sou dit bars.

Jou voertuig

1. Wees eerlik

Wees eerlik oor wie die gereelde bestuurder is, vorige ongelukke, waar jou voertuig saans geparkeer is, en sluit die garage as dit ’n voor-waarde is. Andersins word jou eis geweier.

2. Installeer hierdie twee dinge

Installeer ’n alarm en opsporingstelsel.

3. Vind veilige parkering

Parkeer indien moontlik in ’n garage wat kan sluit, of agter geslote hekke.

4. Vinniger, beter, maar duurder

Enige veranderings om jou enjin aan te jaag, jaag jou premie ook op.

5. Waarvoor betaal jy nou eintlik?

Kyk waarvoor jy betaal. As jy nie ’n gehuurde motor nodig het as jou voertuig beskadig is nie, is jou premie laer.

6. Hierdie dinge laat jou meer uit die sak haal

’n Groter enjin en sekere soorte verf verhoog jou premie.

7. Bestuur beter

Doen ’n gevorderde bestuurskursus. Dit maak van jou ’n veiliger bestuurder en kan jou premie verlaag.

8. Padwaardigheid is belangrik

Maak seker jou voertuig is padwaardig. Gladde bande of stukkende ruitveërs kan jou eis affekteer.

Loer hier vir nog goeie raad.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.